Ek het die Nikon gebruikers se raad nodig. Ek het 'n Nikon D5100 en het die vakansie een dag deurgery kaam toe na Nikon House sodat my sensor skoongemaak word. Vir 'n volledige dien sou ek my kamera moes in boek en eers paar dae later kry. Wel ek kon nie op vakansie sonder my kamera nie.

Die sensor is skoongemaak en ek is haastig terug Paternoster toe. Groot was my verbasing toe ek fotos wil neem en opmerk dat ek meer stofpartikels sien deur die viewfinder. Ek het maw dir 300km Kaap toe en terug verniet afgelê.  Ek vermoed die hele kamera het stof in en van die stof het losgekom toe die kamera uitgeblaas is.

Wat ek by julle wil weet. Is daar nie dalk 'n dienssentrum meer sentraal in SA nie? Iemand wat professioneel die kamera kan oop maak en skoon maak sonder dat die Nikon waarborg verval. Ek sien nie kans om my kamera Kaap toe of JHB toe te stuur en dan ten minste 2 weke sonder 'n kamera te sit nie.

Views: 237

Reply to This

Replies to This Discussion

Kontak Nikon Hoofkantoor - Centurion Pta. Ek het al op ander forums gelees hulle nasorg en waarborgdiens is topklas.

http://www.nikon.co.za/en_ZA/service_support/Service_Centre.page?

Dat sal egter interessant wees om te hoor hoe jy 'n relatief nuwe kamera so vol stof kan kry :-) Eerder sonder 'n kamera vir 'n tydjie as een wat onbruikbaar is of deur 'n amateur kamera mechanic heeltemal verwoes word , wat jou in elk geval terugstuur winkel toe vir nog 'n Nikon.

Gene dit is baie eenvoudig. Neem 'n 4x4 dag in ons droë wêreld af. En nee ek het glad nie eers lense geruil die dag nie. En om alles te kroon. Na elke keer wat ek geneem het, het ek die kamera onder my baadjie ook nog ingedruk. Tevergeefs...

Bertie, kontak vir Jackie by Arctic Digital.  Hulle het my kamera ingestuur om skoon te maak.  Ek het dit die Maandag ingegee en die Vrydag teruggekry.  Plaas dat ek vooraf gelees het want ek was nou vir 2 dae in Centurion en kon jou kamera saamgevat het!  Nikon het ook 'n vorige keer, toe ek besef het my kamera gaan nie betyds terug wees om saam te vat Kaap toe nie, die kamera met 'n courier by my hotel in die Kaap laat aflewer!  Ek het seker so ge-"nag", maar ek was baie beindruk met hul diens.

Reply to Discussion

RSS

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html