Goeie môre al my FS vriende. Ek het op ñ punt gekom waar ek nie verder kan aangaan by FS nie. Ek is nou ñ week terug van my wegbreek en ek kon nog geen foto's gelaai kry nie. Ek het nou al my E-pos adres en Password ook verander sonder sukses. Ek het ñ vermoede dat iemand met my profiel gepeuter het. So ek groet vanoggend en ek wil net graag baie dankie sê vir die pragtige vriende wat ek by FS ontmoet het, al is daar van julle wat ek nie persoonlik ontmoet het nie, voel dit tog vir my of ek julle al baie jare ken. Dit was goed om deel van FS te wees en wie weet, dalk sal ek weer eendag terugkeer. Mag jul paaie met vrede en voorspoed besaai wees. Groete en mooi loop!!! Willie.

Views: 208

Reply to This

Replies to This Discussion

so jammer om dit te hoor Willie !

Ai nee toggie.............dis nou glad nie lekker om te hoor/lees nie. Ek wens ons kan 'n oplossing kry. Ek glo nog steeds die probleem is die Ning Server. Ons gaan jou kreatiweteit so mis Willie

Willie jy stem my tot. ongelukkigheid maar party keer is dit nodig om besluite te neem wat  n mens persoonlik laat goed voel sonder frustrasies. Ek wens jou voorspoed en hoop dat jy nie te ver in die toekoms nie jou  besluit sal heroorweeg jy laat fotoskool beslis armer!! Voorspoed my vriend.

Willie, gaan jou fotos en kommentaar mis!  Ek het so baie by jou geleer...en wie sal nou gereeld op 'n Sondag vir ons 'n gedagte laat?  Hoop soos die ander dat daar 'n dag gaan kom wat jy weer gaan inloer.

Willie, dis vreeslik jammer, in kort tyd het ek baie van jou geleer, ek gaan jou persoonlike kommunikasie mis. Baie sterkte en seën vir jou!

Dis met hartseer dat ek dit lees.  Dankie vir jou positiewe en gereelde bydraes hier in die klas en voorbeelde wat jy vir ons gestel het, ek gaan jou beslis mis!  Voorspoed op jou pad verder

Ai Willie, dis regtig jammer dat jy ons klas gaan verlaat  ... hopelik kom jy sommer gou weer terug  "skool" toe.  Gaan jou eerlike en gereelde kommentaar baie mis. Voorspoed!

Ag nee - dit is werklik jammer! Ek hoop dinge verander...

Middag, Willie, ek wag nog die hele tyd vir jou om terug te kom, want ek wil 'n paar "kuns-foto's" aflaai en sal ook graag jou mening wil hê.

Ek noem graag vir jou die volgende; ek het ook baie gesukkel om foto's af te laai. 

Onlangs moes ek opgraderings kry op my Tafel-rekenaar. Onder andere is Windows10 afgelaai wat nou die program het met die naam "Photos".  Op dié program het ek 'n opsie gekry:  "resize".

Ek gebruik nou hierdie opsie gereeld en plaas elke keer met vinnige spoed my foto op Fotoskool.  As jy meer inligting wil weet, stuur gerus op my eie Fotoskool-blad se 'inbox" vir my 'n boodskap.

Ek wil baie graag hê jy moet lid bly van Fotoskool en help dus graag.  Baie groete Tina

ai Willie, so jammer om diè  "sad"  nuus te hoor .... baie dankie vir al jou pragtige foto's, goeie raad, mooi gedagtes  en vriendskap op fotoskool - gaan jou beslis mis!! seën en vrede vir jou vorentoe!

Ek het ook baie gesukkel, en net soos jy daar sê, ek het windows 10, en resize my fotos, en nou laai dit maklik op...



Tina le Grange said:

Middag, Willie, ek wag nog die hele tyd vir jou om terug te kom, want ek wil 'n paar "kuns-foto's" aflaai en sal ook graag jou mening wil hê.

Ek noem graag vir jou die volgende; ek het ook baie gesukkel om foto's af te laai. 

Onlangs moes ek opgraderings kry op my Tafel-rekenaar. Onder andere is Windows10 afgelaai wat nou die program het met die naam "Photos".  Op dié program het ek 'n opsie gekry:  "resize".

Ek gebruik nou hierdie opsie gereeld en plaas elke keer met vinnige spoed my foto op Fotoskool.  As jy meer inligting wil weet, stuur gerus op my eie Fotoskool-blad se 'inbox" vir my 'n boodskap.

Ek wil baie graag hê jy moet lid bly van Fotoskool en help dus graag.  Baie groete Tina

Nee Willie, ons gaan jou mis. Ek hoop regtig jy gaan regkom en terug kom 'skool' toe. Probeer weer. Ek maak ook my foto's op Windows Life Photo gallery kleiner.  Sterkte ek weet ons gaan jou weer terug verwelkom.  Sterkte.  Gerrie.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html