Ek wil graag toerusting koop en kurses loop, enige advies?

Hi almal

Ek wil graag n kurses loop in fotografie, maar om dit tedoen sal ek sekerlik eers die regte kamera moet kry.

Wat is julle advies hier oor? Watse tie kamera sal julle voorstel moet ek aan skaf? Geld is beslis n "issue" so ek sal moet gaan vir iets wat nie teduur is nie maar ook na kwalieteit moet kyk.

Dankie

Views: 256

Reply to This

Replies to This Discussion

Wikus, daar is 'n wye verskeidenheid van kameras beskikbaar.  Elke persoon het maar sy eie voorkeur.  Ek reken jy moet maar n fotografiewinkel besoek en gesels met die mense daar.  Dit hang ook af wat se fotos jy wil neem, luister maar wat ander se menings is en besluit dan.  As ek 'n voorstel mag maak, kyk bietjie na die Canon Powershot SX60HS, uitstekende zoom as jy diere en voëls wil afneem.  Ingesluit by aankoop van Canon is normaalweg 'n kursus, maar word net 'n paar plekke in die land aangebied.  Ek sou sê begin by Hennie en Josef se e -boek wat beskikbaar is hier op fotoskool.  Moet Internet nie vergeet nie, kosbare inligting beskikbaar.  Sterkte

Ek ditto op die Powershot SX60 Wikus. Dis 'n lieflike brug kamera en ek dink die Nikon se P9000 val in dieslefde kategorie. Ek self het 'n Canon 60D met 'n 16-300mm lens waarmee ek baie pret het en die 70D is nou oral op spesiale aanbiedinge ags die 80D nou op die mark is.

Vir kursesse gaan kyk op Shaw Academy se web. Hulle bied oulike kursesse gratis aan. Die maklikste is om hulle op facebook te kry. Bietjie duur maar ook goed, is The Photography Institute.

Tersia het reeds genoem van Josef en Hennie se boek en dis sommer 'n baie goeie weg spring plek

Geniet die kope en laat weet ons wat jy toe aan geskaf het

Baie dankie Elna

Naand Wikus. Die basiese keuse is tussen 'n brug kamera (soos die SX60) en 'n DSLR. Die brugkamera het nie los lense nie, maar 'n goeie zoom-reikwydte. Van wyehoek tot telefoto en dit is goedkoper as 'n DSLR. As jy 'n DSLR koop, begin mens gewoonlik by 'n intree-kamera soos die NIkon D3200 (wat goeie resensies kry). Koop daarmee saam 'n 18-200mm Nikon VR (vibration reduction) lens. Dis net een lens van wyehoek tot telefoto - baie bruikbaar. Die lens is belangriker as die kamera en as jy eendag opgradeer wat kamera betref, kan jy steeds dieselfde lens gebruik. As jy egter heeltemal 'n beginner is, is die brugkamera waarskynlik die beste keuse.

Wikus ek het 'n paar jaar gelede 'n Nikon D5200 SLR gekoop met 'n Sigma-reislens 18 - 250mm.

Baie gelukkig daarmee maar ek vind dit wel ietwat swaar maar julle mans se arms is mos sterker.

Verlede jaar het ek 'n ligter brug-kamera gekoop, nl. die Canon PowerShot SX65 optical zoom waarmee ek baie gelukkig is.

My sus, Gerrie Lambrechts het ook 'n goeie Nikon waarmee sy gelukkig is en haar foto's is pragtig.  Vra gerus vir haar wat die naam presies is.

Ek behoort ongelukkig nie aan 'n fotografieklub nie maar het BAIE in ons Fotoskool-klas geleer.

Ek hoop jy kom reg want fotografie is so 'n heerlike stokperdjie.

Ek stem saam met wat Hennie se.Maar die eerste vraag wat jy jouself moet vra is wat wil ek doen?Sommer net altyd n "hobby" of wil ek dit verder vat as net n stokpertjie.As jy dit verder wil vat sal ek beslis gaan vir n DSLR. Ek het begin met n brug kamera en vandag le hy in die kas want ek was beperk met hom.Die Nikon 5200 is puik. veral omdat hy n tilt screen het. werk uitstekend met my macro fotos.

Fotografie is n duur stokpertjie en as jy verkeerd koop roer dit n mens se sak. Sterkte met jou besluit.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html