Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Tags:
Hallo Nico
Sal ook graag van Robbie wil hoor. Wat ek wel kan noem is dat, indien jy enige foto vir stock-fotografie doeleindes wil gebruik, jy die persoon of persone wat op die foto verskyn se toestemming moet kry. Loer gerus op enige stock-fotografie webwerf vir 'n modelkontrak.
In terme van kontrakte dink ek daar is baie verskillende moontlikhede (ek is nie 'n kenner nie), maar die kritiese ding om te onthou is dat jou kopiereg op die foto moet verskyn indien moontlik (dit kan of met die kamera se verstelling in die geval van sekere kameras) of tydens die import van die foto's met 'n program soos Ligthroom gedoen word.
Ek sal loer vir 'n paar webwerwe, maar in die algemeen dink ek mens moet sover moontlik elke situasie evalueer. Ek het al self in die slagyster getrap dat iemand anders van my foto's aan iemand verkoop het wat dit as 'n volblad advertensie in 'n tydskrif geplaas het. Ek het dit toevallig raakgesien en die redakteur gaan sien. Hy was nuut en kon nie veel doen nie. Feit van die saak is hierdie dinge gebeur, en mens moet sover moontlik jou kopiereg beskerm,
Robbie het gesê daar is twee maniere hoe dit werk maar ek kan self nie lekker onthou nie hy sal moet reghelp. Daar is 'n verskil hoe jy aangestel is op die een manier is al die foto's die kliënt sin en jy mag dit nie weer gebruik of verkoop nie, en die ander manier is as waar hy van jou foto's koop wat hy jou vir 'n spesifieke opdrag aangestel het. Ek is nou self nie seker nie maar Robbie weet pressies hoe dit werk.
Mens kan ook nie foto's van ander mense sommer op die web plaas sonder hulle toestemming nie. Maar wat van die paparatsie foto's of straat fotografie ??
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by