Ek is ook 'n groentjie in die fotografie gedeelte. Kan iemand dalk vir my leiding gee watter program die beste is om foto's mee te kan edit. Ek wil 'n keuse maak tussen photo editing of indien daar dalk 'n ander program is waarna ek kan kyk sal ek dit waardeer.

Views: 380

Reply to This

Replies to This Discussion

Photoediting of photoshop kan iemand dalk vir my se watter een vir my die bester as beginner sal kan help met die editing van die foto's

Rean

Daar is verskeie programme wat dalk kan help. Een van die maklikstes is verseker Gimp. Igno bied ook hierin kursusse aan. Indien jy ligte editing wil doen tesame met jou fotos intrek en in kategoriee plaas, is Lightroom defnitief die antwoord. Ek gebruik Lightroom vir al my fotos se intrek en tags op elke foto. Met tagging bedoel ek dat jy 'n foto tag met woorde soos bv. Vakansie of wildtuin of voēls ens. Jy kan dan later op die tags fotos gaan soek. Glo my dis baie handig, veral as jy so paar honderdduisend fotos het ! Lightroom laat jou ook toe om te soek per kamera, lens, ISO, datum ens

Vir swaarder editing is Photoshop die antwoord, maar wees gewaarsku die leerkurwe is baie steil. Indien jy Photoshop glad nie ken nie sal ek eerder een van die makliker programme aanbeveel

Groete

Baie dankie Charles ek het vir my Lightroom aangeskaf. Waardeer jou aanbeveling

Ek hou van Lightroom, doen my meeste editing in dit. Eenvoudig maar effektief

Baie dankie Elizma vir jou hulp ek moet nog baie oefen met Lightroom.

Beste raad wat ek jou kan gee, is begin bo by die WB en werk af ondertoe, en hou jou histogram dop!!!!

Ekself 'n groentjie, gebruik my Pentax en Canon kamera se programme, maar het ook Picassa 3 van die internet afgelaai (gratis).  Hennie en die ander motiveer my om Photoshop Elements aan te skaf.

Ek gebruik GIMP 2.8, Picasa 3, Photo Editor en Neat. Die laasgenoemde is fantasties om jou fotos skoon te maak as dit kom by "noise". Elkeen van hulle is goed in sy eie reg en besit funksies wat of beter of makliker as die ander is.

Van ondervinding kan ek se dat dit maklikste programme is om mee te werk, wat dat vir my maklik maak, natuurlik. Ek hoor dat almal "rave" oor lightroom, maar Picasa 3 doen ook die tag storie en jy kan selfs "movies" maak en jou kiekies filter en dit het n funksie om al jou kiekies met gesigte vir jou eenkant te sit sou jy dit verlang, jy kan ook jou kiekies "share online", "geotag" met "Google Earth" en jy kan "publish to Blogger"met Picasa 3.

Ek het n bietjie met Photoshop gewerk, maar ek weet nie, meskien is my kop nog te plat vir die goeters.
Wat ek wel kan se is dat ons kan seker dae lank praat oor funksies en goeters en "tags" en dinge. Ek stel voor die volgende....voor jy n klomp geld gaan uithaal om program te gaan koop, kyk net n bietjie na Picasa 3 en GIMP 2.8 dis "mahala", "verniet", "vornothing". Speel met hulle n bietjie, leer hulle ken die basiese funksies en "tweaks" is dieselle. En moenie so "Ernstig" raak met programme en editing en fotografie nie, geniet dit net...asb... As n mens so "ernstig" raak met goeters dan geniet jy dit nie meer... Geniet dit... fotografie moet n plesier n "joy" wees om te doen dit moet "leka" wees.
groete Pierre

Pierre Baie dankie vir jou bydrae. Ek het wel Picasa 3 en ek moet se dit werk vir my. Ek het nou Lightroom aangeskap en sal nog baie geduld moet kry weet nie van waar af nie, maar ek moet nog met dit speel.


 
Pierre Hardinge said:

Ek gebruik GIMP 2.8, Picasa 3, Photo Editor en Neat. Die laasgenoemde is fantasties om jou fotos skoon te maak as dit kom by "noise". Elkeen van hulle is goed in sy eie reg en besit funksies wat of beter of makliker as die ander is.

Van ondervinding kan ek se dat dit maklikste programme is om mee te werk, wat dat vir my maklik maak, natuurlik. Ek hoor dat almal "rave" oor lightroom, maar Picasa 3 doen ook die tag storie en jy kan selfs "movies" maak en jou kiekies filter en dit het n funksie om al jou kiekies met gesigte vir jou eenkant te sit sou jy dit verlang, jy kan ook jou kiekies "share online", "geotag" met "Google Earth" en jy kan "publish to Blogger"met Picasa 3.

Ek het n bietjie met Photoshop gewerk, maar ek weet nie, meskien is my kop nog te plat vir die goeters.
Wat ek wel kan se is dat ons kan seker dae lank praat oor funksies en goeters en "tags" en dinge. Ek stel voor die volgende....voor jy n klomp geld gaan uithaal om program te gaan koop, kyk net n bietjie na Picasa 3 en GIMP 2.8 dis "mahala", "verniet", "vornothing". Speel met hulle n bietjie, leer hulle ken die basiese funksies en "tweaks" is dieselle. En moenie so "Ernstig" raak met programme en editing en fotografie nie, geniet dit net...asb... As n mens so "ernstig" raak met goeters dan geniet jy dit nie meer... Geniet dit... fotografie moet n plesier n "joy" wees om te doen dit moet "leka" wees.
groete Pierre

Rean

Jy gaan nie spyt wees oor Lightroom nie. Baie programme kan "tagging" doen, dis waar, maar lightroom neem "tagging" na 'n nuwe vlak. Indien jy die nodigheid het om al jou fotos per lens te kry - Lightroom doen dit maklik. Of per 'n spesifieke ISO of kamera of f-stop of shutter ens. Met Lightroom kan jy ook keywords kombineer bv vakansie 2012 en voëlfotos en Kruger Wildtuin en hy wys dan net daai paar fotos

Ook het hy 'n goeie "flagging" sisteem afgesien van die tagging. Jy kan fotos "flag" met sterretjies of vlaggies of verskillende kleure. Dit word bv. gebruik indien jy jou fotos sopas afgelaai het en jy wil die bestes uitsoek vir kameraklub of die bruidspaar indien jy troues doen. Later hoef jy nie weer deur al jou fotos te gaan om die bestes uit te soek nie. Dit spaar net baie tyd. Ook het hy 'n slideshow funksie ingebou waar jy bv die beste troufotos kan uitsoek wat jy vir die paartjie wil wys voor jy begin verwerk. Sy Print module is ook baie kragtig en "contact sheets" is baie maklik. Jy het volle beheer oor alles

Batch editing op groepe fotos is geen probleem nie. Sy editing tools is nogal kragtig, maar ek het net een "pet peeve" nl sy uitclone van kolletjies is vir my baie lomp en omslagtig.

Hy het 'n brush tool in waarmee jy exposure, kleur, kontras, sharpening en vele ander lokaal kan gebruik op sekere dele van die foto. Jy verf dan die effek net op sekere plekke in waar verlang

Doen die moeite om Lightroom te leer ken - dit is die moeite werd

Kry Photoscape, dis verniet, maklik om te gebruik en kan 95% van alles doen wat jy ooit gaan nodig kry. Vir die ekstra 5% gebruik ek GIMP en so nou en dan photoshp, maar dis erg min dat ek dit ooit nodig kry.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html