Mense, as julle hou van fotografie van 'n ander aard, gaan besoek gerus hierdie website. Die adres is: http://www.abandoned-places.com
Ek volg Henk se werk nou al 'n geruime tyd en ek staan telkens verstom oor wat hy doen. Hy het reeds twee fotoboeke die lig laat sien en ek wens ek kan my hande daarop lê.
As mens eers die webwerf "verstaan" is die foto's ongelooflik mooi, en die interaksie van die blog baie interessant. Ek dink die webwerf se werking is nogal ondersteunend van die onderwerpe, en nogal regtig treffend. Baie dankie vir die skakel, ek dink mens kan baie leer daaruit!