Waar kan 'n mens oral gaan soek vir gebruikte arikels.  Spesifiek lense. As iemand inligting het asb.

Views: 320

Reply to This

Replies to This Discussion

ORMS se webskakel

bidorbuy.co.za ook

Hi Daan.

www.outdoorphoto.co.za het ook 'n classifieds afdeling met 100de 2de handse lense. Gaan kyk bietjie daar.

Daan

Ek wil ook graag n stuiwer in die armbeurs gooi. Dalk help dit. Daar is in Johannesburg nog n verskaffer waar jy met groot gemak kan gaan soek na tweedehandse toerusting. Kameraz. Vra na n man by name van Keith. As my inligting korrek is, is hulle vd oudste kamera en lens winkels mbt tweedehandse toerusting. Hulle het ook n goeie reputasie en die produkte is van n goeie gehalte.

Mag ek ook noem dat jy baie versigtig wees en goed moet dink oor die pad wat jy gaan begin stap (Wildslewe fotografie).  Na my mening is dit verseker een vd duurste vertakkings van fotografie. Om dit regtig te geniet verg baie goeie toerusting - n kamera wat teen hoe spoed kan fotografeer , n lens wat detail wat ver van die kamera af is, kan vasvang, en wat jou toelaat om regtig met diepte van veld te "speel" Diere is mens sku, om nie eers te praat van kamera sku nie - n mens is ver van hulle af en jou lens is al wat jy het om nader aan hulle te kom.

Daar is n ander opsie wat jy dalk wil oorweeg. Ek het nie ervaring van die opsie nie maar ek het al goeie resultate gesien. Daar is in die Nikon stal hoe gehalte "mik-en-druk" kameras. Sou n mens so n kamera bekom kan jy dan oorweeg om n "spotting scope" aan te skaf.  Hierdie is in wese telefoto lense wat, afhangend vd kwailitiet die onderwerp vergroot en nader bring. Die "mik-en-druk" kamera word dan, mbv n spesiale oogstuk montering aan die  spotting scope gekoppel en siedaar, jy het n goeie beeld met goeie definisie.

Ek het nog nooit n koste vergelyking gedoen nie maar ek is seker dis n goedkoper opsie. DIe spotting scope kan ook afsonderlik gebruik word en dus ietwat meer doelig as n telefoto lens.

Ek hoop jy kom reg want die wilds vriende is gawe fotografiese modelle!

Dankie vir almal se reaksie.
Annelise said:

ORMS se webskakel

ODP winkel , ORMS , Kameraz , Cameratek. ensovoorts

Wat het jy behoefte voor , dit bepaal waar jy gaan soek vir gebruikde toerusting.

Weet maar net dat die mees gesogte items eerste opgeraap word en teen nie veel minder as splinternuut van die winkel af is nie.

Sou jy vir Canon wou koop , wat is jou primere gebruik ? Makro , landskap of Wild /gevleuldes ?

Goedkooplens is soos 'n goedkoop kar. Jy kry iets maar jy gaan teleurgesteld wees met jou kopie oor jy nie weet wat jy dit voor nodig gehad het nie. Fiat Uno is reg vir rondrits in die dorp maar jy nodig 'n bus om die hele familie en vriende see toe te vat. Tensy jy reeds daar bly en die spul binneland toe moet neem..

Dankie vir reaksie.  Ek het 'n uitstekende lens bekom agv reaksie op my navraag by persoon wat reageer het.Fotoskool werk!!

Gene said:

ODP winkel , ORMS , Kameraz , Cameratek. ensovoorts

Wat het jy behoefte voor , dit bepaal waar jy gaan soek vir gebruikde toerusting.

Weet maar net dat die mees gesogte items eerste opgeraap word en teen nie veel minder as splinternuut van die winkel af is nie.

Sou jy vir Canon wou koop , wat is jou primere gebruik ? Makro , landskap of Wild /gevleuldes ?

Goedkooplens is soos 'n goedkoop kar. Jy kry iets maar jy gaan teleurgesteld wees met jou kopie oor jy nie weet wat jy dit voor nodig gehad het nie. Fiat Uno is reg vir rondrits in die dorp maar jy nodig 'n bus om die hele familie en vriende see toe te vat. Tensy jy reeds daar bly en die spul binneland toe moet neem..

Reply to Discussion

RSS

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html