Ek wens daar is iemand wat my kan verduidelik hoe die histogram op my kamera werk? Ek verstaan dat dit 'n gebalanseerde "beeld" moet gee, maar myne is altyd of te veel dié kant toe of te veel daai kant toe. Ek kry dit net nie dat dit eweredig versprei is nie. Is daar 'n spesiale verstelling wat ek moet maak of is dit nou maar my lot om dit elke keer in Photoshop te moet gaan regmaak? Ek sal graag wil hoor...

Tot dusver het ek my nog nie veel daaraan gesteur nie, maar ek dink dit mag dalk moontlik 'n groot verskil maak indien ek dit reeds met die afneemslag kan uitsorteer.

Views: 184

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Anita,

Ek sal probeer om later 'n blog daaroor te doen, maar kom ek deel in kort 'n bietjie inligting:

Die sogenaamde gebalanseerde histogram (bietjie data links, baie in die middel, en bietjie regs) wat soos 'n normaalkurwe lyk word deur baie mense as ideaal beskou, maar dis nie altyd moontlik nie, want mens se ligtoestande is nie altyd neutraal nie.

Die data links het te doen met die "donker" dele van jou foto, met ander woorde as jy 'n foto met diep skaduwees en min helder lig neem gaan die data meer na links wees.

As jy egter 'n foto van iets neem wat oorwegend lig is, gaan die histogram se data meer na regs wees.

Dus - as ek die son afneem wat deur bome skyn, gaan daar 'n skerp klompie data aan die regterkant wees (die son se helder lig)

Ons probeer gewoonlik dat daar aan weerskante van die histogram nie te veel data is nie ('n skerp grafiekpunt met baie hoogte regs sal dui op dele wat spierwit is, en dus nie kleurdata het nie, en 'n skerp grafiekpunt links sal dui op baie donker of swart skaduwees).

Nou om terug te keer na die son-deur-die-bome foto - natuurlik gaan daar 'n spierwit grafiekpunt wees - dit is tekenend van die deel waar die son direk skyn - en dus is daar "wit" dele. Met ander woorde mens gaan nie probeer om 'n normale histogram te kry nie.

 

Ek sal later met foto's illustreer, maar ek hoop dit maak sin sover.

Groete

Igno

Nou weet ek ook gewonder hoe dit werk

Reply to Discussion

RSS

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html