HOE BENADER 'N MENS DIE BRUIDSPAAR SE FOTOS NA DIE TROUE?

Hi julle

 

Ag ek wil graag hoor, want ek kry niks so iets op die internet nie. Ek wil graag by die “professionals” hoor, hoe benader ‘n  mens die bruidspaar se trou foto’s na die troue? Ek bedoel, wat se jy vir hulle ivm poses en dit en dat.. Ek het ‘n trou “video” gekyk op die internet, en dit lyk of alles so spontaan gebeur, di e bruidspaar lyk so ingenome met mekaar en koester en liefies mekaar, waar ek gewoontlik sukkel dat hulle bietjie emosies wys as ek fotos neem? Doen ek verkeerd? Ek weet ek moet vir hulle poses wys en se hoe en alles, maar dit moet tog ook van hulle kant af kom? Ek het die probleem, ek word soms “blank” dan kan ek aan niks dink nie! En dit is soo frustrerend, maar ek dink net as jy ‘n couple het wat saaaam jou werk dan gaan dit soveel makliker. Dus soek ek biejie raad hoe ek die couple fotos kan ‘n beter ervaring kan maak vir beide ek en my kliente. Enige iets van poses tot tyd is welkom!! Al stuur julle links, is ook reg!!

 

Baie dankie

 

Groete

 

Views: 407

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Ezette

Ek het al foto's by 'n troue afgeneem. Maar by iemand anders gehoor hy maak voor die tyd 'n lys op van wat hy van die bruidspaar en ouers verlang en dan doen hulle wat vir hulle voorgeskryf word. Kyk of die lysie nie gaan help nie.

Voor die tyd:  Beplanning, beplanning, beplanning.  Praat vooraf met die paartje, maak baie seker jy verstaan presies wat hulle soek.  Ek maak ook 'n lysie en druk hom sommer in my broeksak vir gou uithaal en loer om seker te maak ek vergeet niks.  Dit help ook om vooraf na die plek te gaan waar jy fotos gaan neem sodat jy jou "shots" kan beplan.  

Na die familie/groep foto's is my heel eerste foto's met die paartjie alleen sommer waar hulle saam 'n glasie sjampanje drink - maak seker hulle drink die hele glas, want dit help hulle ook om te ontspan. Dis gewoonlik nie 'n probleem nie, want hulle is dikwels dors. (Ek verskaf dit self, en maak voor die tyd seker hulle drink sjampanje).  Draai gereeld jou rug op die tweetjies en loop effe weg... dit gee hulle kans om met mekaar te "connect" en te koer.  Dikwels is die mooiste fotos juis presies daardie wat jy neem wanneer jy net omgedraai het, want hulle dink nie hulle hoef dan te 'pose' nie en is nog 'engaged' met mekaar. Lag en gesels baie terwyl jy neem...onthou, jy is die eerste persoon wat alleen tyd met die pasgetroude paartjie spandeer - en hul is dikwels nog effe gestres en jy moet hulle dus laat ontspan.  

Ek verkies absoluut om nie die enigste fotograaf te wees nie, en werk meesal met 'n ander fotograaf ook.  Een kry baie dikwels juis daardie spontane steel fotos, terwyl die ander een besig is met die formele fotos.

Al inligting wat ek gee is hoe lank dit gaan neem om hulle fotos te verwerk.  Meer as dit hoef hulle nie te weet nie.

Madie het dit reg vasgevat. Ek het voorbeelde van poses wat ek vooraf aan hulle wys en hulle so te help om te kies wat hulle graag sou wou sien. So berei hulle dan ook voor vir die sessie. Familie fotos is maar altyd die basiese poses en ek probeer nie teveel nuwe goed indruk nie. Oupa en ouma gaan in elkegeval maar moeilik aan dit byt.

Baie dankie julle. Ek sal dit so benader. en ja ek stem soo saam met die beplanning van die area. ek is soms net so gestress oordat ek nie kan dink aan poses nie. hoe leer die fotografie poses? en is ek reg om te sê dat 'n plek met baie "settings" of areas is baie beter om fotos te neem as wat jy 'n plek kry wat bv soos 'n golfcourse waar daar net gras en een gebou is? ek het al bevind as daar baie dinge is soos bv 'n klip die kant, 'n dam daai kant, lang gras die ander kant, ens gee my kant om verskillende poses uit te dink? hehe jammer ek voel soos 'n regte amateur 

Weet dis nou al lank terug maar ...op die internet is 'n amerikaner David Petersen van digital photo school(dps) en ek het onlangs 'n baie goeie artikek gelees juis oor die 50 moet fotos by 'n troue en die belangrikheid van 'n deglike behoefte bepaling by die familie en trou paar .Kyk gerus of jy dit kry en laat weet Groete Leroi

Hi Leroi, jy het nie dalk 'n link vir hierdie artikel niie? 

Jammer Ezette nie geweet jy het reply  Ek stel voor jy invite my dan gee jy my jou Epos adres en ek forward die mails van David Peterson  .Vandaar sal jy die mees fantastiese artikels kry oa. die een van troues Groete Leroi

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html