Ek het asseblief die kenners se hulp en raad nodig.

Ek is gevra om 'n tender in te sit vir 'n kommersiële photo shoot. Die kliënt het 'n plaas gekoop en soek fotos van die diere op die plaas, sowel as "landscapes" op die plaas.

Die kostes na die plaas en terug is nie 'n probleem nie en ek kan vir dit al tender. My probleem kom in by die shoot self. Die kliënt soek al die fotos in digitale formaat. Geen prints gaan gemaak word nie.

Hoe vra ek en vir wat vra ek. Per uur? Per digitale foto. En wat dink julle is 'n billike prys om te maak?

Ek sal dit regtig baie waardeer indie enige iemand wat al so iets gedoen het, my net bietjie meer raad kan gee.

Baie Dankie!! 

Views: 152

Reply to This

Replies to This Discussion

Hier is wat ek sou doen:

Ek sal aanbeveel jy werk 'n per uur prys uit, vir die tyd wat jy daar is, en onthou om genoeg te kwoteer om op te maak vir die tyd wat dit jou neem om te ry en om ook later deur die foto's te werk, want dit is immers ook tyd wat jy nooit weer sal kan terugkry nie.  

Ek sal ook die foto's digitaal beperk tot 10x15cm (jumbo grootte) 250-300dpi, dus kan hulle die fotos vir websites en klein utdrukke gebruik, maar nie vergrotings nie, dus as hulle groter uitdrukke soek, sal hulle dit by jou moet kry (jy kan dalk een of twee van die bestes in groter formaat vir hulle gee).

En laastens sou ek ook byvoeg dat geen van die foto's sonder jou toestemming digitaal gemanipuleer mag word nie (want iemand mors dit dalk op en dan word dit 'n refleksie van jou werk) en ook dat jy regte behou op die foto's om dit byvoorbeeld te kan gebruik vir selfbemarking of kompetisies wat moontlike publikasie insluit. (maar dit sal jy dalk eers als vir hulle hoef deur te gee na hulle jou kwotasie aanvaar het.)

Sterkte! Hoop jy kry die werk!

Baie dankie vir jou raad Phillip!

Reply to Discussion

RSS

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html