Hello almal,

Ek wil net so bietjie navraag doen..

Is daar dalk enige iemand wat 'n kamara het, wat nog in 'n goeie kondisie is, en dalk daarvan wil ontslae raak?

Views: 288

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Brenda

Dalk moet jy meer spesifiek wees. Soek jy na 'n kompak kamera, 'n brugkamera of 'n digitale SLR?

Hoop dit maak sin

Groete

igno

Brenda: Jy kan gerus by Nikon se kantore in Centurion aanklop. Hulle het van tyd tot tyd kameras wat aan handelaars bekikbaar gestel is ten einde demonstrasies mme te doen. Die kameras bly vir ongeveer 6 maande by die handelaars en dan gaan dit na Nikon terug. Die toerusting word behoorlik gediens en word dan aan die gewone publiek verkoop. Dit het steeds n waarborg alhoewel die waarborg periode korter is as in die geval van n nuwe model. Ongelukkig weet n mens nie wanneer kom watter kameras in nie en dus is dit maar n geval van die Geluksgodin wat vir jou glimlag as jy jou keuse van kamera te koop kry. Ek het reeds op 3 verskillende kere kameras (2x mik-en-druk en n D60) daar gekoop en ek het geen probleme met die kameras nie. Dit is persoonlik die eerste en die laast eplek wat ek n tweedehandse kamera sal koop. As jy nie Pretoria woon nie, stel ek voor jy skakel hulle en probeer so vasstel wat is tans daar in voorraad. Die organisasie (as jy die telefoon nommer soek) staan as Premier Brands beend en onder die naam is die Nikon handelsmerk deel van hulle aanbieding. Hoop jy kom reg

Hallo Brenda ek het n Sony alpha digitale SLR wat ek wil verkoop indien jy sou belangstel.  Gegee dat ek tog so graag die knoppie druk vir als en nog wat het ek opgegradeer - presentjie aan myself en nou is die sony beskikbaar.  Baie goeie kondisie en niks fout met kamera.  Jy kan my kontak as jy belangstel.  Christa

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html