Ek het onlangs ge"upgrade" na my eerste DSLR - 'n Nikon D3100 en wil nou vir my 'n flits koop vir die kamera, wat is julle aanbevelings? Onthou asb die ekonomiese omstandigde.

Views: 316

Reply to This

Replies to This Discussion

Jannie

 

Ek skryf met graagte binnekort 'n blog oor remote flash. Daar is nogal baie aspekte ter sprake !

 

Dankie Charles

 

Ek waardeer dat jy jou kennis met ons so graag en vrylik deel.

Charles Whitehead said:

Jannie

 

Ek skryf met graagte binnekort 'n blog oor remote flash. Daar is nogal baie aspekte ter sprake !

 

Ek wil saamstem dat 'n goeie driepoot meer van waarde is as 'n flits (ek het 'n Sigma gekoop wat lekker is dit gee elke keer ongeag hoe vinnig jy neem 'n flits)

Ernst

Moet net nooit die waarde van 'n flits onderskat nie. Jy het baie meer beheer oor jou jou voorgrond en agtergrond beligting wat jy nie met 'n driepoot kan regkry nie.

 

Definitief is 'n driepoot soms onmisbaar, maar met 'n flits kan jy meer kreatief raak - sien Igno se blog oor die sielkunde van landskap fotografie deel 2 vir voorbeelde.

Hi Gerhard het jy reggekom met n flits lig het ook Nikon d3100 gekoop en wil ook graag n ander flits lig koop laat weet my dankie

 

Anton

\

Nee Anton nog nie , gaan Julie Europa toe gaan bietjie daar kyk maar die SB-600/700/900 lyk na die beste koop te wees, hang net af hoe diep is jou sak
Ek het onlangs gelees dat die SB700 van die beste waarde vir geld is. Ek ken nie die Nikon flitse so goed nie, maar dit blyk nogal 'n bulletjie te wees...

Ja dankie vir die raad sal uitkyk vir die flits

 

Dankie weet jy dalk waar ek n 2de handse fotoshop kan koop het fotoshop 7 maar ek hoor dit is al die fashion

 

Dankie

Anton



Igno van Niekerk said:

Ek het onlangs gelees dat die SB700 van die beste waarde vir geld is. Ek ken nie die Nikon flitse so goed nie, maar dit blyk nogal 'n bulletjie te wees...


Jannie Labuschagne said:
Hi Karen Ek het 'n Canon 1000D ook en het vir my daai tyd 'n Canon Speedlite 430 EX ll gekoop wat ek baie tevrede meer is. Ek speel nou egter met my nuwe Nikon D90 en sy SB900 flash. Die Canon se gelyke vir die SB900 is Canon Speedlite 580 EX ll Jy kan op BidorBuy.co.za kyk die 430 gaan vir so +- R2500 en die 580 vir so R3995

Jannie

kan jy my help asb.

ek het n Canon 400D kamera en dieselfde flits. as jy in n vertrek afneem wat donker is kan jy die flits stel om meer lig te gee en waar? wat beteken die flash/C.Fn en as ek menu gaan lyk dit v my jy kan die flash stel. dit stel 1/8 ens . is dit sy F stop langs mode is nog n setting .kan jy my help om die flash deeglik te verduidelik dat n mens n goeie beligte foto van die begin kan neem. dankie

 

Hi Almal, Die budget het nou ingekom en ek het nou ek kan nou begin ordentlike navorsing doen. Ek het so bietjie begin rondloer en het afgekom op die Nissin 622 flash. Dit is blykbaar ook beskikbaar vir Canon. Het enige iemand dit al gebruik? Enige komentaar?

Sjoe, ek het lanklaas hier by fotoskool kom kuier.

 

Gerhard, ek het die D3000 en het so maand terug 'n flits gekoop. Dit is die Sigma EF-610 DG standaard weergawe (het nie "slave" funksie nie, maar die "super" weergawe het wel. Die standaard weergawe het my 'n skamele R1600 gekos by Foto Digital World in Pretoria). Op die oomblik is dit volgens my kennis en volgens die navorsing wat ek gedoen het, die sterkste flits op die mark, met 'n "guide number" van 61 teen ISO 100. Dit beteken dat indien jy 'n lens het met 'n "aperture" van f/1 het, strek die lig 61 meter indien die flits tot by 105mm gezoom is, teen die laagste ISO van 100. Die flash self zoem outomaties saam met die lens tussen 24 - 105 mm wat die afstand beïnvloed, daar is ook 'n ingeboude "wide panel", wat die zoem gelyk maak aan 17mm.

 

In meer algemene taal:

  • Die standaard lens wat saam met die D3100 kom, is 'n 18-55mm en het 'n f/3.5 by 18mm en 'n f/5.6 by 55mm.
  • wanneer jy hierdie flits gebruik sal hy soos volg presteer (als by ISO 100):
    • By 18mm teen f/3.5 sal die lig +/- 6 meter straal;
    • By 24mm teen f/4 sal die lig +/- 8,5 meter straal; en
    • by 55mm teen f/5.6 sal die lig 8,2 meter straal.

Die D3100 behoort soos die D3000 goeie kwaliteit foto's te lewer teen ISO 800, wat beteken jy kan al die afstande hierbo genoem met 2,8 maal. (ISO 200 - maal 1,4; ISO 400 - maal 2; ISO 1600 - maal 4).

 

Sigma maak die NA-iTTL weergawe vir Nikon, wat beteken die kamera kommunikeer op dieselfde wyse met hierdie flits, as met jou kamera se ingeboude flits, so jy sit die flits in Auto en hy doen die res. Die flits kom ook saam met 'n 3 jaar waarborg.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html