Kleur verskil van fotos op foon en rekenaar

Kan iemand dalk goeie verduideliking gee waarom fotos anders lyk op 'n foon as op 'n laptop byvoorbeeld. Vra namens iemand. Lyk goed op foon maar vaal op laptop

Views: 63

Reply to This

Replies to This Discussion

Henry, as jy die vraag anders om gevra het "Foto lyk goed op skootrekenaar maar vaal op foon" dan sou ek nogal gedink het dit gaan daaroor dat die foon net nie soveel "pixels" het as die skootrekenaar nie. Maar soos jy dit nou vra, kan dit dalk wees dat die skootrekenaar se skerm 'n kalibrasie proses moet deur gaan.

Ek gaan die forum dop hou en kyk wie kan help hiermee. Oom Google gee die volgende :

"When you edit to the point where a photo looks good on your computer, but it looks too saturated on your phone, it means that either your computer screen is too desaturated (and likely, not very contrasty), or your phone has a screen that is overly saturated (and likely, too contrasty."

Henry, van die PC's se skerms is nie baie goed nie en gee nie 'n goeie weergawe van ;n foto nie. Die Engelkse aanhaling wat Elna gegee het, som die saak goed op. Ek het die probleem oorkom deur een van die los, groter platskerms aan my rekenaar te koppel en my redigering daarop te doen. 'n Ander rede kan wees die verskil in grootte tussen die rekenaarskerm en diè van die foon. By die foon is alles gekompakteer in 'n klein oppervlakte en lyk dan meer indrukwekkend. Die foon se skermgehalte is ook uitsonderlik goed.

Ja, my ondervinding is dieselfde naamlik dat die foto op my foon baie mooi en kleurvol is maar nie so goed lyk op my laptop nie. Ek het gehoor dat die fone vandag baie "vivid" en "saturated" screens het terwyl dit nie die geval is met rekenaars nie tensy jy dit gekalibreer het. Dan verder as dit na sosiale media gaan lyk dit nog valer.

Dankie Elna, dinge lyk ook verskillend van skerm tot skerm. Ek het die gewoonte om fotos op my laptop bietjie meer woema te gee wat kleur aanbetref dan vertoon dit beter elders.

Elna Geringer said:

Henry, as jy die vraag anders om gevra het "Foto lyk goed op skootrekenaar maar vaal op foon" dan sou ek nogal gedink het dit gaan daaroor dat die foon net nie soveel "pixels" het as die skootrekenaar nie. Maar soos jy dit nou vra, kan dit dalk wees dat die skootrekenaar se skerm 'n kalibrasie proses moet deur gaan.

Ek gaan die forum dop hou en kyk wie kan help hiermee. Oom Google gee die volgende :

"When you edit to the point where a photo looks good on your computer, but it looks too saturated on your phone, it means that either your computer screen is too desaturated (and likely, not very contrasty), or your phone has a screen that is overly saturated (and likely, too contrasty."

Dit is presies dieselfde wat gebeur as jy 'n foto vergroot, die beeld raak minder skerp of selfs uit fokus.  Foto is mos nou klein op jou kamera en baie groter op jou rekenaar skerm.

Henry said:

Dankie Elna, dinge lyk ook verskillend van skerm tot skerm. Ek het die gewoonte om fotos op my laptop bietjie meer woema te gee wat kleur aanbetref dan vertoon dit beter elders.

Elna Geringer said:

Henry, as jy die vraag anders om gevra het "Foto lyk goed op skootrekenaar maar vaal op foon" dan sou ek nogal gedink het dit gaan daaroor dat die foon net nie soveel "pixels" het as die skootrekenaar nie. Maar soos jy dit nou vra, kan dit dalk wees dat die skootrekenaar se skerm 'n kalibrasie proses moet deur gaan.

Ek gaan die forum dop hou en kyk wie kan help hiermee. Oom Google gee die volgende :

"When you edit to the point where a photo looks good on your computer, but it looks too saturated on your phone, it means that either your computer screen is too desaturated (and likely, not very contrasty), or your phone has a screen that is overly saturated (and likely, too contrasty."

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html