Na aanleiding van 'n discussion blog op die hoof bladsy van Fotoskool, het ek gedink om hierdie discussion te begin vir die ernstige wildsfotograwe (wie is nie - dit is tog hoekom ons op Fotoskool is) wat graag kritiek (kom ons noem dit eerder opinies wat elkeen is tog geregtig op sy/haar eie opinie) op hulle fotos wil hê. Die enigste voorwaarde is dat ons nie persoonlik moet raak nie en opbouende kritiek op die fotos sal lewer. O ja, en verskaf asb die nodige data (bv kamera stelling ens) sodat ons lekker kan saamgesels. Kom ons kyk of dit gaan werk.

 

Laat ek sommer begin - hier is sommer 'n foto wat ek die afgelope naweek in Golden gate van 'n kalkoen ibis geneem het.

 

Nikon D3s, Nikon 600mmf4 lens met 1.4 convertor, ISO800, 1/6400, f5.6, Exposure compentation -0.67, WB - auto, op 'n driepoot met Wimberley kop. Dit was geneem rondom 15H30 in helder sonskyn. Eerste ontwikkel in Capture NX2 en finale ontwikkel in Photoshop - dit maar my resepie met seker stappe wat ek volg. Ek het foto omtrent 70% gecrop - kon nie nader aan Ibis kom om die voël full frame af te neem nie. Laat waai asb met die kritiek en wees spesifiek sodat ons almal kan leer.

 

Indien julle self wil fotos plaas eerder as om kommentaar te lewer, voel welkom en ek is seker die lede sal kommentaar lewer. Onthou, jy hoef nie 'n expert te wees om 'n opinie te gee nie. Sê net waarvan jy hou of wat jou in/van die foto pla. So maklik as dit. 

 

Views: 1088

Replies to This Discussion

Dankie Willem

 

Ek kies maar die fotos wat "iets" kon gewees het as ek meer aandag gegee het voordat ek dit geneem het.

 

No 2.  Is dit nou waar white balance auto bracketing inkom of is dit nou iets heel anders - ook net eers vir terloops.

 

Ek weet die foto sou ook seker meer treffend gewees met 'n stadige sluiter maar ek het nie my drie-been by my gehad nie en my man het al reeds die blou horries begin kry omdat ek oor al die rotse klouter!

 

Wat dus moes gebeur het :

1 DRIE-BEEN!!!  

2. omdat dit 'n landskap is beslis F11 of F16

3. omdat daar water is - besluit vooraf wat jy wil hê - veronderstel dan nou dit moes stadige shutter gewees het

4. jy sê dan as ek die exposure afbring word die shutter vinniger maar ek wil dit dan stadig hê?

 

gaan eers vanmiddag die kraan oop draai en kyk wat ek kan doen

 

en o ja - ek het al bietjie op manual gaan rond speel - ek weet ek moet nie as ek nie AV heeltemal onder die knie het nie maar vir een of ander rede voel ek nogal heel gemaklik daarmee.

 

Dankie vir jou harde werk.

 


 
Willem Kruger said:

@Sandra

 

Thanks vir die foto - ek gaan net eers 'n paar goed uitwys, anders raak 'n mens te veel deurmekaar:

1. Hierdie is 'n landskap foto en gewoonlik het 'n mens baie tyd om jou shot vooraf te beplan. In so geval kan jy Manual mode gebruik, maar kom ons bly eers by Aperture mode sodat jy die beginsels van Aperture mode kan verstaan en gebruik. Ek gaan ook nie die foto (komposisie) nou krit nie. Kom ons hou net eers by die basiese beginsels.

2. Maar tog - die foto opset self: ek sien jy begin sommer met 'n lekker moeilik een. Moeilik omdat jou voorgrond donker is en jou agtergrond helder belig is. Dan is dit beter om twee foto te neem - een onderbelig om detail in die agtergrond te kry en een oorbelig om detail in die voorgrond vas te vang. Dan sit jy net die twee fotos opmekaar in Photoshop. Maar dit sommer net terloops - hou dit maar net in gedagte. 

3. Jou f-stop: Yes, jy is reg. f5.6 is dalk 'n bietjie te groot opening, daarom is die agterste gedeelte van die foto uitgebrand en het jy detail verloor in daardie gedeelte. Met landskappe probeer ek gewoonlik so rondom f11 tot f16 skiet. Dit sal afhang van die son. Hier was die son helder - kan selfs opgaan na f16 sodat minder lig inkom. Wees net versigtig - jou sloot tussen die bome en die water kan dan onderbelig uitkom. Ook met 'n f-stop van 5.6 sal die hele foto dalk nie skerp in fokus uitkom nie. Met 'n wye hoek lens is dit nie so opvallend nie, maar met 'n 70x200mm of 300mm lens kan dit ernstige probleme gee.

4. ISO 125: geen probleem hier nie. Hierdie is 'n landskap foto, geen aksie nie, dus sal ek ook probeer skiet op ISO100-200. Die sensor is dus nie so sensitief vir lig nie en jy sal dus 'n redelike stadige sluiter spoed moet gebruik sodat genoeg lig op sensor kom om beeld vas te vang - wat jy dan ook reggekry het.

5. Shutter speed 1/80. Right, hier moet jy besluit wat jy wil bereik met die foto. Stadige sluier spoed sal jou water lekker dof en melkerig laat lyk, maar dan gaan jou helder dele van die foto soos die boonste sonlig uitgebrand wees (verloor detail - soos hier die geval is). 'n Vinniger sluierspoed (1/250) sal jou watervloei vries en minder lig inlaat. Jou agtergrond sal donkerder wees, maar jou voorgrond kan detail verloor. My opinie is dat jou sluiterspoed dalk 'n rapsie te stadig was en te veel lig (sien die agtergrong) ingelaat het. Dit bring my by die Exp comp.

6. Exposure compensation van 0. Ek sou my exposure compensation afgebring het sodat minder lig die sensor bereik het. Dit sou 'n bietjie meer detail in agtergrond gegee het, maar ook donkerder voorgrond gegee het (wat maklik in Photoshop reggestel kon word). In Aperture mode, sodra jy die exposure afstel, sal jou sluiter spoed outomaties vinniger word.

7. WB - Auto: Geen probleem nie. Ek hou net daarvan op "Son" te skiet as son skyn, maar jy kan die stellings op Photoshop verander.

Opsom: Die agtergrond is uitgewas omdat te veel lig die sensor bereik het. Ook is die sloot bokant die rooi rots ook 'n bietjie donker. Ek sou die die f-stop op 11 of 16 gesit het - minder lig vir sensor. Ook die exp comp 1 of 2 stop afgestel het (sluierspoed vinner gemaak het) en in Photoshop net die voorgrond weer helder gemaak het. 

 

Hoop dit help.  
 
Sandra Grobler said:

Apeture priority / Shutter 1/80s  / F5.6  /  ISO 125 / Exposure value 0.00ev  /  focal length 46mm / flash did not fire / auto white balance / metering mode patter / time 18h10.  As ek nou hierna kyk en julle besprekings volg sou en sê my eerste fout is die F stop?  Vir die tipe foto moes ek seker maak dit is F8 of hoer reg? weet nie van die ISO nie? Wat sou die meer aanvaarbare setting wees?  Ek het niks verander.

@Sandra, yes - een van die goue reels van landskap fotografie: Nooit sonder 'n driepoot nie. Maar nou ja - 'n mens is ook maar net 'n mens.

 

Yes - dit is wat bracketing vir jou doen. Dit gee vir jou 'n paar onderbeligte en paar oorbeligte fotos en dan werk jy verder met die fotos in Photoshop or ander sagteware.

 

Perfek - ek wag dan vir die volgende foto(s).

Dankie Willem.  Ek gaan dit probeer en sien hoe dit werk !!Dankie ook dat jy bereid is om jou kennis met ons te deel, ek waardeer dit regtig! 
 
Willem Kruger said:

@Adriaan, nee, nooit 'n dom vraag nie.

Ek verstaan hoekom jy jou ISO op daardie stelling wil hou - daardie lelike woord "noise". Gaan altyd terug na die exposure driehoek en kyk waar jy 'n kompromie moet aangaan - dit is waaroor wildsfotografie gaan.

Nou terug na jou vraag: Indien jou foto ligter word, beteken dit dat daar meer lig deurkom, beteken bv dat jou sluiterspoed stadiger word. Nou met Exposure comp -  om jou foto donkerder te kry, moet jy minder lig inlaat, dus stel jy jou exp comp na die negatief (bv -0.33 of -0.67; op die Nikon of een stop onderbelig. Ek is nie seker van Canon nie) kant toe stel. Dan sal jou sluiterspoed vinniger word. Daarom sal jy sien op my wildslewe fotos is al my exp comp op -0.67. Net om te keer dat my wit/helder dele van my diere/voëls nie uitbrand in helder sonlig nie. Maar dit werk nie aldag nie - hou maar jou fotos agterop jou kamera dop - veral daardie setting wat jou waarsku as dele van die foto uitgebrand word.

Hoop dit help en lekker skiet!!

@Adriaan - slegs 'n groot plesier.

Nikon D7000, VR 50/500mm, f4.5-6.3G,teen 240mm, ISO 560 1/2500s, f/6.3 0EV-AUTO1.0.0 Voel was omtrent 5m van my af. Ek het op die NX2 die komposisie na -0.6 geskuif. Die foto is sonder 'n driepoot geneem. Enige raad sal gaaf wees om dit skerper te kry. 

Hi Frank, ek sien jy was lekker naby die Darter Lekker aksie vasgelê. Agtergrond lekker geblur. Goeie kamera setting om BIF te vang - lekker vinnige sluiterspoed, rede dat vlerke so lekker gevries is.

5 meter vanaf voël- dus moes jy probeer om die voël in full frame te skiet (nie nodig om na die tyd te crop nie). Jy het dit amper reggekry - eerste krit is die boonste vlerk wat jy ongelukkig afgesny het. Dit gebeur gereeld met my omdat ek ook die BIF in full frame probeer skiet. Terwyl 'n mens wag vir iets om te gebeur - probeer antisipeer tot waar die voël se vlerke gaan span. Hier het jy net te veel ingezoom. Ook pla die vlerk van die tweede Darter onder in die foto 'n bietjie (niks wat jy daaraan kan doen nie). Tweedens - ongelukkig het die aksie weg van af gebeur. Sou lekker gewees as die aksie na jou toe geskiet het. Aan die twee kwessie kan jy nie veel doen nie. Derdens, die kop van die Darter is nie lekker skerp nie - probleem as jy 'n mens inzoom en uit die hand uit skiet. EK skiet amper nooit uit die hand uit nie - ek weet mense hou nie van driepote of ander ondersteuning nie, maar dit is vir 'n rede ontwikkel. Soms gebruik ek sommer 'n paal of my motor se dak as ondersteuning. Vierdens - die Darter is 'n donker voël - dus moet jy nie te veel under-exposed nie. Jy kan eerder die agtergrond uitbrand want indien jy te veel underexposed, verloor jy detail in daardie donker dele (soos wat hier gebeur het). Jy kan dalk die exposure 'n bietjie in Camera RAW/Photoshop/Capture NX2 terugtrek. Ek doen hierdie stap gewoonlik in Capture NX2 in die Quick Fix palette. Die Dodge en Burn tool kan ook hiervoor gebruik word.

Ek hoop dit help 'n bietjie - sekere kwessies kan jy aan werk en verander terwyl ander kwessies het jy geen beheer oor nie. Vir laasgenoemde rede sal ek weer en weer probeer totdat ek die regte aksie kan vasvang.

Willem,   Dankie vir jou tyd wat jy bereid is om aan ons te spandeer dit help geweldig nou kan ons mekaar se foute sien en ook daaruit leer.  Die skerpheid is my probleem,ek is geneig om die f-stop laag te maak waar met 'n f-9-11 die kop skerper sou wees. Ek het gelees van die kransdiuf wat jy geneem het en besef nou die voel is baie donker.    Kan jy vir my 1 of 2 make van driepote gee om na te kyk.  Die kamera en lens (het vergeet om te se Sigma) is 4kg.  Is ek reg om dan vir 'n 6kg te gaan vir as ek later opgradeer .

Dankie

@Frank - ek het sommer vir my 'n Benro A269 driepoot in die begin gekoop. Wat lekker is, is dat die driepoot kan omgesit word in 'n monopod. EK het daardie driepoot gebruik met my D3S en 600mm fix lens - nogal 'n gewigtige massa en die driepoot het hom goed gedra. Hierdie jaar het ek opgradeer en 'n groter Benro gekoop (C377) slegs vir die rede dat ek soms makro skiet en dan wil ek die driepoot so na as moontlik aan die grond wil hê (nie moontlik met A269 met middel "poot" nie).

 

Pasop net vir 'n klein lens opening (hoë f-stop) - die agtergrond kan dan nie so lekker geblur wees nie. En dan werk dit ook nie altyd nie. Soos my vrou sê - in fotografie is daar altd 'n kompromie wat aangegaan moet word. Sorg dat jy die beste kompromie kombinasie kies.

 

Jou f-stop was reg - ek dink dit was die bewe of selfs net die knoppie druk wat die verskil in skerpheid gee. Soms skiet ons wildfotografie selfs met 'n cable shutter release/remote release (as tyd dit toelaat) - net sodat die kamera nie beweeg as jy die knoppie druk nie. SO ernstig is ons om skerp fotos te kry. Onthou fokus (skerpheid van 'n foto) is een van die mees belangrike aspekte van fotografie. 'n Foto wat nie skerp is nie - al is die aksie en lig hoe goed - kan jy maar weggooi. 

Kyk bv. daardie Southern bald Ibis wat ek in Golden Gate afgeneem het (in die begin van hierdie discussion). Ek het met my D3S, 1.4 convertor, 600mm lens en my driepoot al agter die voël aangeloop/bekruip - hoe moeilik dit ook al was. EK belowe jou, maklik was dit nie. Nou pluk ek die vrugte van my gesukkel met die driepoot - 'n lekker skerp foto wat ek in salonne/kompetisies gaan gebruik. 

 

Hoop dit help.

Willem,

Dankie vir die raad oor die driepoot .   Hier het ek ‘n grondspeg  geneem met d7000,  auto iso 280, 1/500s, f-11, OEV-auto1,0,0  en sigma lens 50-500 @500 , 12h25 , afstand 35m nie gecrop.  Die stabelizer was aan en uit die vuis en daar was net kans vir een foto.   Ek glo nie ek sal baie beter kan doen met die sigma,behalwe as ek ‘n driepoot aanskaf.     Maar ek doen dit vir die plesier en om daar buite te wees.

  Wat ek nie verstaan is dat mense sé dat hulle met swak lig teen hoe iso nog goeie fotos neem,  ek kan nie hoër as 500 en die spook “noise” kruip in .  Met goeie lig  kan ek tot 800 gaan .   Is dit maar die lens wat nie goed genoeg is nie?

 Net vir die interessantheid kan  die D7000 op jou 600 lens werk want dan kry jy 1.5 faktor  en dit kan dan in die plek van ‘n converter gebruik word,    of is die kwaliteit tussen die twee kameras swakker  as dit wat jy verloor met converter. As dit gedoen kan word sal ek graag fotos wil sien om die kwaliteit te vergelyk.

Ek moet sé ek lees lekker op jou blog .

@Frank

Plesier, maar 'n driepoot is maar soos enige ander kamera toerusting - persoonlik smaak is hoog op die prioriteitslys aangesien die produkte nie baie van mekaar verskil nie.

Grondspeg - great foto, goed gedoen met net daardie een kans en dit is gewoonlik wat gebeur. Jy het net daardie een kans gehad en daar is nie tyd vir 'n driepoot nie. Die voël is lekker skerp en goed geposisioneer - genoeg plek in die voorkant van die foto en die stert is nie afgesny nie. Ek het glad nie 'n probleem met die skerpte van hierdie foto nie en ek stem saam - jy sou nie regtig beter kon doen met die Sigma lens nie. Tyd van die dag en die tipe lig kan teen jou tel - dit is nou maar soos die natuur werk. Lekker detail wat 'n mens aan die onderkant van die voël kan sien - goed gedoen.

Kamera stellings - my wildsfotos skiet ek omtrent altyd op Aperture priority sodat ek die ander aspekte kan gebruik om my beligting en sluiterspoed te bepaal. Ook gebruik ek selde auto-ISO (net 'n persoonlike kwessie). Lekker lae ISO wat jy hier gebruik het - daarom geen noise nie. Sluiterspoed van 1/500 goed genoeg vir 'n stil-sittende voël, maar indien hy so opvlieg en jy wou 'n BIF shot wou kry, sou die sluiterspoed te stadig gewees het (sien my blog vir verdere aanbevelings oor sluierspoed en tipes van voëls). Ek het 'n bietjie van 'n probleem met jou f-stop. Vir so 'n klein voëltjie, oor 'n afstand van 35meter en die voël sit lekker dwards is dit nie nodig om so klein gaatjie (groot f-stop) te gebruik nie. Jy het nie regtig so baie diepte van veld nodig nie. Dit het nou gelei dat jou agtergrond nie genoeg geblur is nie en wel steurend is. Ek dink 'n f-stop van 5.6 of selfs 6.3 was meer as genoeg om die hele voël skerp te kry en 'n lekker geblurde agtergrond te verseker. Indien hierdie 'n arend was wat dwars gesit het - by all means, dan sou ek ook 'n "groot" f-stop gebruik het. Maar selde bokant f8 of f9 sodat die agtergrond nog lekker geblur is.

In Photoshop sal ek net die onderkant van die foto crop - net bokant daardie ronde klippie wat regs op die voorgrond lê. Dit pla my 'n bietjie. Verder sal ek die agtergond (groen) 'n bietjie minder satureer, maar nog steeds donkerig hou sodat voël lekker uitstaan (soos nou die geval is). Pas net op vir groen in jou foto - daardie kleur kan 'n pes wees wanneer dit by post-processing in Photoshop of ander ontwikkelingsagteware kom. As roetine maak ek groen altyd minder gesatureer.

ISO, lig en noise - my eerste DSLR kamera was ook 'n D7000 and in fact - ek skiet nogteeds met hom en geniet hom geweldig. Die noise en ISO levels het "niks" regtig met die lens te doen nie - dit is (ongelukkig) eerder die kamera. Daarom het ek vir my die D3S aangeskaf en skiet tot op ISO10000 met hom sonder groot probleme. Met my D7000 gebruik ek gereeld ISOs van 1600 en yes, dan begin noise 'n probleem raak. Ek gebruik dan sommer Capture NX2 se noise reduction opsie om die noise te verminder (dit werk vir my), maar pasop, dit kan jou skerpte van jou foto beinvloed.

D7000 en 600mmm - yes, jy kan die kombinasie gebruik en ek gebruik partykeer dit. Jou fokale lengte word wel verleng agv die sensor van die d7000 (nie 'n full frame sensor nie). Soms gebruik ek sommer nog 'n 1.4 convertor by dit. EK gebruik gereeld my D3S met 'n 1.4 convertor op my 600mm lens wat my dan 'n fokale lengte van 850mm gee. Werk goed vir my sonder om noemingswaardige kwaliteit van fotos te verloor. Het al verskeie internasionale salon aanvaardings met die kombinasie gekry - dit sê darem iets. Ek sal kyk of ek 'n bietjie kan eksperimenteer daarmee. Ek gebruik my 1.7 selde - meestal in die Kgalagadi indien aksie vêr is. Ek gebruik nie sommer my 2.0 convertor nie aangesien die lens en kamera kombinasie net te stadig vir my raak raak - die fokus funksie vat net te lank om die fokus reg te kry vir aksie fotos.

Thanks dat jy die blog lees - hoop dit is 'n bietjie leersaam.

Laat waai maar met jou kommentaar/opinie en ander fotos.

Willem,   Dankie vir die krit op die Speg dit help baie. Ek moet net ‘n regsteling doen die 30m(sak Sarel ) was niks meer as 10m, maar op daardie oomblik het  dit so gevoel.  Die dobbertjie @380mm OEV cloudy,a2,g2   ISO800,  1/ 320s  ,f-6.3    onder 3 m  15h00 .    Die kamera was op my “home made” driepoot wat op die blad in die skuiling staan. (tafel model).   Ek het nog niks aan die foto gedoen nie. Ek sal graag jou kommenteer hoor oor die OEV se A2,G2 versteling wat ek gedoen het.

Ek was ook heel verbaas oor die gehalte met die iso van 800. 

Die fotos wat ek stuur is van my versameling. Ek kan nie op die oomblik enige nuwe dinge uit probeer nie.   Sit met ‘n gebreekte sleutelbeen en 2 ribbes van my motorfiets ongeluk .

 

Ek wil net sê ek wag net so angstig soos jy na die salonne se uitslag oor jou fotos.

@Frank - ek moet eerlik met jou wees, ek gebruik glad nie die in-camera settings van die WB nie. Ek gebruik slegs die basiese setting soos Sun, Cloud, ens. Ek doen al my veranderings (indien nodig) as deel van my post-processing (foto ontwikkeling in Capture NX2 en Photoshop) - veral in Adobe Camera RAW kan jy die temp van kleure met baie meer opsies stel. Ek sien jy het hier jou foto meer warmer probeer maak met die a2 g2 stellings - dit gaan vir my oor persoonlike voorkeure en hoe die uiteindelike produk lyk wat jy op die tafel sit. My eerste stap in post-processing wat ek met omtrent elke foto (en versigting) doen, is om die colour cast (indien daar is) met "White control point" in Capture NX2 en/of 'n klein aksie wat ek in Photoshop vir myself geskryf het, reg te stel. Op hierdie foto lyk dit tog vir my asof daar 'n geringe groen/geel colour cast is. Of ek verbeel my net, maar ek kyk veral na die wit dele wat nie so lekker wit lyk nie.

 

Jou ander setting - yes, jou f-stop is hier nie so belangrik nie aangesien daar nie 'n agtergrond is wat jy wil blur nie. Hier sal ek maklik my f-stop opstel na f8 - indien omstandighede dit toelaat. Die sluiterspoed was genoeg om die stadige bewegings vas te vang. Onder gewone omstandighede skrik die Nikon kameras nie vir hoë ISO waardes nie. Moet dus nie bang wees om die ISO te looi nie - veral as jy 'n vinnige sluiterspoed benodig.

 

Die dobbertjie lyk lekker skerp, detail van die vere sigbaar en met die finale sharpening aksies kan die skerpheid net verbeter. Ek is 'n bietjie bekommerd oor die wit dele naby sy stert - lyk of daar detail verlore is (uitgebrand), maar dalk kan jy dit in Adobe Camera RAW weer terug wen/trek. 

 

Wat weerkantsings betrek, een professionele fotograaf het vir ons gesê dat indien die weerkaatsing perfek is, gebruik dit. Indien dit nie perfek is nie, sny dit uit/af. Hier sou ek die weerkaatsing hou (ek hou daarvan), maar jy het ongelukkig 'n stukkie van die kop afgesny. Pas net op daarvoor - let daarop indien jy die foto neem, belsuit vooraf of jy die hele weerkaatsing wil behou en of jy dit nie gaan gebruik nie (sny dit dan weg).  

 

Laastens sal ek die foto horisontaal flip aangesien 'n mens se oog van links na regs lees, maar dit is persoonlike smaak.

 

Oops, sorry om te hoor van jou ongeluk en beserings - hoop jy herstel gou.

 

Wag in spanning? Ja, wel - gelukkig is ek nou al (na ongeveer 60 salonne in my eerste jaar van salon inskrywings) gewoond aan telleurstellings. Maak jou ook maar reg vir telleurstellings aangesien 'n mens nie altyd hoor wat jy graag sou wou hoor nie. MAAR moet net nie opgee nie.

 

Graag hoor ek jou opinie van die foto/my krit.  

RSS

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html