Saam met my wonderlike geskenk van my man, 'n Nikon D5100, het ek Photoshop Elements gekry en ek het nie die vaagste idee hoe om dit te gebruik en wat op daarmee te maak nie..eerstens hoe kry ek my fotos van die kamera gelaai op photoshop en wat dan daarna???

Views: 213

Reply to This

Replies to This Discussion

Laetitia, welkom by fotoskool. Hier gaan jy sommer baie lekker leer oor fotografie, en ek weet jy gaan dit geniet.  Jy het ’n wonderlike geskenk van jou man gekry. Ek het nie photoshop nie, maar werk op ’n ander program. Jy moet eers jou foto's op die rekenaar aflaai, daarna gaan jy met elke foto na die program waar jy dit bietjie "polish", mooi maak, dit is nou photoshop.  Die beste is plaas die foto's op fotoskool en jy sal baie kammentare en raad kry.  Van Hennie kry jy uitstekende hulp en hy sal bly wees om jou met photoshop te help. Ons wag vir jou foto's. Sterkte.

Gerrie, baie dankie vir jou antwoord...dis absoluut wonderlik dat iemand my geantwoord het...ek voel skoon belangrik...lol....ek stem saam ja ek het 'n baie mooi geskenk gekry en die nuutste is 'n Sigma lens 100 - 400..kan nie wag om fotos te gaan neem nie....

 

Hi Leatitia.... jy's 'n gelukkige meisie om so wonderlike geskenk te kry. Ek laai my foto's van my kamera af met my kamera se sagteware. Daarna maak ek my Photoshop oop en trek die foto's oor wat ek wil edit. Ek gebruik gewone photoshop, maar ek glo elements werk dieselfde. Hoop dit help, maar vra maar as jy iets wil weet. Ek help graag .... bygesê as ek weet.

Dankie Petro ja ek dink ek is nogal bevoorreg...weet nie of dit die beste kamera is nie maar ek is baie in my skik..het altyd net so ou klein mik en drik dingetjie gehad..ek het photoshop oopgemaak maar dan sien ek niks wat se upload photos of so iets nie..waarvoor moet ek kyk? ek het altyd 'n kodac program gebruik wat rerig baie eenvoudig is, al wat jy omtrent daar kan doen is crop en enhance...

Weet nie of Elements dit ook het nie maar Photoshop het 'n Bridge program by die afkorting is BR en so 'n baksteen kleur, mens kan met dit foto's oplaai. Jou Nikon behoort 'n CD by te hê met sagteware, laai die CD daarop sal ook 'n program wees om jou foto's te laai, en jy save jou foto's nogsteeds soos jy altyd gedoen het maar in photoshop open jy dit net weer. Partykeer as mens regs click op 'n foto, vra hy ook edit in... en dan gooi dit al jou editing programme uit so dan kies jy net wat jy wil gebruik en die foto maak oop in daardie program.

 

hoop dit help, speel maar dit is die enigste manier om te leer, ons almal hier leer maar so by mekaar.

baie dankie Elizma, ek het darem 'n foto gelaai gekry of Elements....weet nie hoe nie..per geluk...sal weer moet probeer en dit stap vir stap neerskryf...het dit nou swart en wit gemaak maar moet weer vanmiddag bietjie gaan leer wat daar aangaan...dankie vir die hulp...ek sal kyk vir die BR funksie.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html