Ek lees baie oor fotografie wat ek in die hande kan kry. Dit wil voorkom asof daar twee menings oor sw-fotografie bestaan, nl die een is om vooraf te besluit dat jy sw-foto’s gaan neem en  jou kamera se picture style op monochrome te stel. Jy sien dus hoe die komposisie in sw lyk. Jy kan dan besluit of jy van die kontras ens hou of wat nog in post gedoen kan word.

Die ander mening is om in kleur te skiet en in post na sw te verander, want in kleur is meer detail sigbaar. Ek skiet altyd in kleur RAW, maar ek’s nou in ‘n posisie waarin ek nog nie my kamera eens kan vashou nie en kyk met jaloerse oë na julle plasings.  Nou wonder ek wat’s julle mening?

Views: 41

Reply to This

Replies to This Discussion

Ek is baie lief vir swart-en-wit fotografie, en van my gunsteling-fotograwe (insl. die baie uiteenlopende werk van Ansel Adams, Don McCullen en Salgado) is/was meesters hiervan. Dit is egter 'n bitter moeilike genre om te bemeester, en ek is bitter ver van bevredigende resultate af. Die verwerking van 'n RAW-file gee net baie meer "latitude" met verwerking - benewens die feit dat meeste boeke dit aanbeveel, is dit ook my persoonlike ervaring. Die monochroom-setting op jou kamera kan wel dien as 'n "preview" om te besluit of 'n toneel kan werk in S&W (as jy 'n groot geheuekaart het, kan jy in elk geval 'n RAW (wat altyd kleur sal wees), met die JPEG kombineer.

Daar is 'n miskonsep onder baie fotograwe dat 'n S&W tjop-tjop geskep kan word deur 'n kitsfiltertjie op 'n foto te 'shop - soms miskien wel, maar 'n werklike goeie S&W is baie meer werk as dit - die trane drup soms in die wyn...

Dankie Dine

Dine Potgieter said:

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html