skrik ek nou vandag sommeer baie groot..dag my kamera het die gees gegee...Gerrie het die pragtigste fotos geplaas en my sommer lus gemaak om fotos te neem van my plante in my tuin...sit die kamera op A en probeer kliek...maar nee die kamera doen net mooi niks...stel hom op die blommetjie en weer dieselfde..wil glad nie fokus nie..wat doen ek verkeerd...staan ek dalk te naby of wat? help asb?

Views: 112

Reply to This

Replies to This Discussion

Ai Laetitia is jou battery nie dalk pap nie. Wat maak dit as jy net op die kameratjie stel?  Gryp jou boekie daar sal raad wees. Onthou om jou plante nat te spuit dit maak die plant lewendig.

nee Gerrie battery nog vol en ek het plante bietjie nat gespuit...dit het nou nie so mooi gelyk soos joune nie maar dis 'n begin...skies as ek heeltemal dom klink maar ek sal nog daar kom...

Laetitia

Ek aanvaar jou fokus is op outomaties gestel. Indien jy te naby is kan die lens nie fokus nie en die kamera doen dan niks. Gewoonlik is daar so piep geluid indien fokus "gelock" is.

Graag wil ek jou ook aanraai om dalk jou kamera op A vir aperture mode te los en jou lens se opening op sy grootste (bv f3.5 of f4) te verstel en op manual fokus. Onthou dat die kleiner getal beteken 'n groter opening. Die groot opening veroorsaak 'n lekker vlak diepte van veld (die deel van die foto wat in fokus is) Gewoonlik is daar 'n skakelaar op die lens by Canon, ek is nie seker oor Nikon nie. Kyk dan deur die viewfinder en fokus waar jy die blommetjie die skerpste wil hê - gewoonlik sal dit die deel die naaste aan jou wees. Jy sal gou sien of jy te naby is indien jy nie skerp fokus kan kry nie.

Makrolense laat jou toe om baie nader aan die onderwerp te kom as met gewone lense en die vergroting is derhalwe ook baie meer. Speel gerus eers met die lense wat jy het

Gebruik asb ook 'n driepoot en indien jy nie 'n sluiter kabel het nie gebruik gerus die self timer. Dit is net om te verhoed dat die kamera bewe tydens die foto nemery

Lekker speel

baie dankie Charles...ek het vanoggend gehoor van 'n makro lens..sal bietjie navors oor pryse en sien of my begroting dit toelaat, maar dankie vir jou raad...


 
Charles Whitehead said:

Laetitia

Ek aanvaar jou fokus is op outomaties gestel. Indien jy te naby is kan die lens nie fokus nie en die kamera doen dan niks. Gewoonlik is daar so piep geluid indien fokus "gelock" is.

Graag wil ek jou ook aanraai om dalk jou kamera op A vir aperture mode te los en jou lens se opening op sy grootste (bv f3.5 of f4) te verstel en op manual fokus. Onthou dat die kleiner getal beteken 'n groter opening. Die groot opening veroorsaak 'n lekker vlak diepte van veld (die deel van die foto wat in fokus is) Gewoonlik is daar 'n skakelaar op die lens by Canon, ek is nie seker oor Nikon nie. Kyk dan deur die viewfinder en fokus waar jy die blommetjie die skerpste wil hê - gewoonlik sal dit die deel die naaste aan jou wees. Jy sal gou sien of jy te naby is indien jy nie skerp fokus kan kry nie.

Makrolense laat jou toe om baie nader aan die onderwerp te kom as met gewone lense en die vergroting is derhalwe ook baie meer. Speel gerus eers met die lense wat jy het

Gebruik asb ook 'n driepoot en indien jy nie 'n sluiter kabel het nie gebruik gerus die self timer. Dit is net om te verhoed dat die kamera bewe tydens die foto nemery

Lekker speel

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html