Ek weet en besef hierdie is hoofsaaklik 'n plek vir fotograwe en ek geniet my fotografie terdee, maar ek het onlangs begin om ook video's af te neem. Nie dat ek my fotografie verruil daarvoor nie, maar dit maak dat mens ook die "ander kant" leer ken. Dit het sy eie tegniek, alhoewel die "reels" maar basies dieselfde bly.

Ek sal graag wil weet of daar ander lede is wat ook so af en toe die videokamera uithaal? Ek sal graag bietjie met julle wil kontak maak, indien moontlik? Dit is ook, net soos fotografie, 'n stywe leerkurwe en ek sal graag 'n bietjie my kennis wil verbreed.

Hoor graag van julle.

Groete

Anita

Views: 30

Reply to This

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html