Hallo julle.

Ek vra bietjie raad... Na watter tipe drukker moet ek kyk om my foto's te druk en is dit werklik meer ekonomies om self jou foto's te druk of om dit eerder na 'n winkel te neem?

Ek bly in 'n klein dorpie en die mense hier is heeltemal mal met hul pryse. Daarom moet ek maar elke keer in Kimberley dit laat druk.

Ek wil egter my eie drukker, spesifiek vir fotos aanskaf. Enige voorstelle? Ek wil darem A4 grootte kan druk.

Views: 225

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Bertie

Ek het 'n Canon-fotodrukker wat pragtige kwaliteit kan lewer, maar ek gebruik hom selde omdat die ink (en fotopapier) so duur is. 

Het jy dit al oorweeg om jou foto's via die Internet te laat druk?

Hier is twee plekke wat jy kan oorweeg: 

http://www.flyphoto.co.za/

http://www.printwild.co.za/

Dit was my persoonlike ervaring tot dusver - dit sal interessant wees om te hoor hoeveel van die Fotoskool-lede self hulle foto's druk.

Hallo daar,

      Ek was ook in daardie posissie, het gewik en weeg en kon nie besluit watter drukker om te koop vir die druk van my foto's nie. Ten einde niet het ek n canon MG5240 drukker gekoop. Die prys is baie billik . Die voordeel is dat die drukker 5 ink houers het, 2 swart en 3 kleure. Ek vind dat indien bv. die geel ink klaar is net die geel vervang moet word en nie n hele houer met al die kleure nie. Die gehalte van die foto's is regtig goed(jy hoef nie skaam te wees om dit vir vriende te wys nie). Die drukker kan n A4 grote foto's druk. N vriend van my het n soortgelyke drukker wat ook 9ml ink houers vat en jy kan ongeveer 50 A4 grote foto's druk voordat jy die ink hoef te vervang. Hoop dit help en sterkte. Kobus          

Baie dankie vir die raad!!

En dan het jy die opsie om jou hele drukker se ink te vervang met botteltjies wat buite die printer staan. Dit is baie goedkoop op die manier en goeie kwaliteit. Sien n vorige skrywe van Igno in die verband

Reply to Discussion

RSS

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html