Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hier deel ons makro-foto's met mekaar...
Members: 64
Latest Activity: Jun 25, 2018
Started by Marisa Barnard. Last reply by Attie Claassens Jun 23, 2016. 5 Replies 0 Likes
Goeie dag .Ek het 'n bietjie raad nodig asseblief .Ek wil begin met Makro fotografie , maar ek is nog onseker oor watter lens/e om aan te skaf .Ek het 'n Canon 650d kamera .As enige iemand my dalk…Continue
Started by Erika Kotze. Last reply by Erika Kotze Sep 7, 2014. 4 Replies 0 Likes
Kan julle my asb raad gee oor 'n goeie makro lens vir Canon D70. Wil net nie plaas verkoop om te kan bekostig nie!!;-))Continue
Started by Liz Apr 18, 2014. 0 Replies 0 Likes
Discussions is om oor enige aspek in die makro fotografie te "discuss" ...... So as jy 'n foto wil laai en die foto wil laat krit laai dit asb by die hoofgroep hier. Ek weet dit klink bietjie…Continue
Comment
Hi almal! Eks tans op ‘n uitgebreide oorsese toer daarom is ek afwesig! Dankie Josef en ander dat jul help met info!!!
Allerlei opmerkings.
Ring flits. Leon, jy kan geruds een aanskaf. Ek gebruik myne dikwels vir paddastoeltjies en selfs insekte met goeie gevolg. Die intensiteite van die twee dele van die flits kan verstel word sodat 'n mens tog bietjie rigting aan die lig kan gee. Ek vind egter dat sy lig te hard is vir blomme.
Tegnologie bv. Photoshop: Ek vind dit nogal interessant dat daar weerstand is by baie mense teen die gebruik van die beskikbare sagteware (o.a. Photoshop). Ek sien egter nie klagtes oor die gebruik van tegnologie wanneer hardeware ter sprake is nie. (kameras met outomatiese ligmeting en afstandbepaling ens. nie). Ek sou reken dat as 'n mens konsekwent in jou redenasie wil wees jy ook net die 'manual' funksie op die kamera moet gebruik, self die lig meet met 'n eksterne ligmeter en met 'n afstandmeter die die afstand bepaal. Min mense doen dit egter.
Gebruik van Photohop. Baie van die bewerkings wat tans in Photoshop gedoen word was in die donkerkamer van gister beskikbaar. Die verskil is dat slegs die absolute kenners destyds in staat was om die verwerkings te doen. Tans is al daardie funksies vir almal met baie minder moeite op 'n digitale (ipv 'n chemiese manier) beskikbaar.
Ek stem heelhartig saam met Hannes (en Leon) dat 'n mens moet poog om die beste moontlike beeld in-kamera vas te lê. As jy dit reggekry het is daar niks mee verkeerd om dit aan te pas om dit so na as moontlik aan lewensgetrou te kry nie. Mense gebruik verskeie programme (Lightroom, Picasa, Photoshop ens. ens.) maar om een of ander onverklaarbare rede word slegs Photoshop as die swartskaap uitgesonder.
Verkeerde manier van Photoshop gebruik.
Een ding waarmee ek saamstem is dat redigeerprogramme nie gebruik moet word om die kyker te mislei nie. Dit is in my boekie absoluut verbode.
Ek en Photoshop.
Ek gebruik beide Lightroom en Photoshop gereeld om die beste moontlike uitkoms vir my foto te bewerkstellig. Miskien kan iemand kommentaar daarop lewer oor hoekom dit verkeerd sou wees. (Ek moet egter van Leon verskil oor een saak. Jy kan nie 'n swak foto goed maak met enige van die redigeerprogramme nie.)
'n Finale opmerking om die hele saak moontlik in perspektief te stel:
150 jaar gelede was perdekarre en ossewaens die algemene vervoermiddels want dit is al wat beskikbaar was. Deesdae ry ons met motors wat toegerus is met 'n reeks tegnologiese katoeters wat verstommend is. Waarom hoor ek so min mense kla oor die gebruik van die verbeterde tegnologie as dit by vervoermiddels kom maar terselfdertyd hoor ek baie klagtes oor die gebruik van gevorderde sagteware as dit by die verwerking van foto's kom?
Finaal finaal. Ek val niemand aan nie (veral nie vir jou nie Hannes.) Ek gee maar net my siening oor die saak.
"ring flash" gee 'n plat lig, en die goeies is baie baie duur! Ek het een gekoop en die volgende dag weer verkoop. Maar dis elke persoon se keuse en hang seker af wat jy wil afneem. Ek hou baie meer van 'n lig van bo of van die kant af...en dan mooi ge"defuse" is.
Hi Leon, dit is so...mense vat dit te vêr.
Wat ek geleer het ivm veld diepte is dat die "pro's" althyd van goeie beligting gebruik maak. Ek neem meeste van die tyd met 'n veld diepte van f22-f32 (soms bietjie minder) en met 'n vol stel verlenging buise, by daai tyd kom daar so min lig by die sensor uit dat goeie beligting noodsaaklik is. Makro (regte makro 1:1 of groter) gebruik jy altyd "manual" fokus so jou lens is 100%. Jou enigste probleem gaan beligting wees omdat hy bietjie kort is maar is maklik om te oorkom as jy net 'n flash het en 'n tuis gemaakte "reflector en defuser". Jy is welkom om my kontak as jy meer inligting nodig het....ek sal 'n paar fotos oplaai van my toerusting.
Haha...jy moet hulle bring dan wys ek jou hoe maklik werk hulle. As jy eers gesien het hoe naby jy kan kom aan die voorwerpe sal jy hulle nie weer afhaal nie!
Hi Susan, baie dankie! Ek sien deesdae so baie "makro" fotos op die internet van goggas se oë en gesigte, dis wel mooi fotos maar ek weet meeste van die goggas word vas gesteek iewers en hulle gebruik "photo stacking" om die hele ding in fokus te kry. Ek is seker daar is 'n plek vir hierdie tiepe foto's maar dis nie meer fotografie nie. Gebruik jy verlengbuise of vergroot filters op jou lens? Ek het in die begin baie gesukkel met fokus en beligting, ek begin nou reg kom.
Hi almal, ek is nuut op fotoskool en my gunsteling fotografie is makro van insekte (nie dooie goggas nie, en 99% vry hand!) Ek sien die "group" is maar stil. Hopelik kan ek dit bietjie aan wakker. Ek gesels graag oor lense, beligting, kamera stelling en ander makro toerusting, ek sal graag wil sien wat ander gebruik en sal met graagte raad gee en mee deel wat ek al geleer het.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Makro Fotografie to add comments!