In my rondryery op soek na graffiti was ek soms gelukkig. Ek het bloot toevallig by hierdie muurtekening verbygery. Dit is in die noorde van Johannesburg teen een van die hoë mure rondom ‘n woonhuis wat in ‘n boetiek hotel omskep is, vandaar die geskryf oor die tekening. Maar ek dink nietemin dit is verskriklik kunstig gedoen. Die gras onder gee ‘n mate van perspektief aan hierdie reuse tekening.
You can share this photo in two ways…
Share this link:
Send it with your computer's email program: Email this