My 1ste foto op Fotoskool.
Geneem met Canon 7d Mark II
Lens: Canon EF 100 - 400 (140mm)
Spoed: 1/600
f8
ISO1250

Views: 63

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on January 14, 2020 at 10:32pm

Baie mooi - ek hou ook baie van die rapsie lig op die pad.

Comment by Tina le Grange on January 14, 2020 at 4:10pm

Baie welkom Flip; altyd lekker om nuwe lede in ons klas te verwelkom.

Jy het reeds goeie wenke en kommentaar gekry.

Ek hou veral van die sagte lig op die regterkant van die pad

Mooi diepte en goeie atmosfeer.

Comment by Gerrie Lambrechts on January 14, 2020 at 2:25pm

Welkom by ons FotoSkolers, ons is klomp mak mense en leer baie om ons fotografie te verbeter.  Mooi foto ek hou vd kleur op die pad.  Ek sou tog bo nog so bietjie afsny.

Comment by Rika Schoeman on January 14, 2020 at 9:49am

Baie welkom ook van my kant af Flip. Jou foto het mooi kleure en is vol atmosfeer. Sien uit na nog foto's van jou af.

Comment by Pine on January 14, 2020 at 9:00am

Baie welkom by fotoskool Flip. Ek is seker jy sal dit baie geniet en ook baie leer deur al die raad en kommentare. Die geheim is om aktief betrokke te wees. Jou eerste foto se komposisie is baie goed, oor die lig het Hennie jou reeds goeie raad gegee. 

Comment by Tersia Weitsz on January 14, 2020 at 8:11am
Baie welkom Flip, glo en vertrou jy gaan die skool net soos ons geniet. Baie mooi foto
Comment by Hennie Cronjé on January 14, 2020 at 6:56am

Dag Flip. Baie welkom hier op Fotoskool. Ek hoop jy gaan dit baie geniet en ook in die proses baie leer. Eintlik leer ons almal van mekaar. Jy skop af met ‘n baie mooi foto. Die komposisie is baie goed met die pad wat ‘n leidende lyn na die son as fokuspunt vorm. Dis goeie ontwerp. Maar dit was ‘n moeilike toneel om af te neem weens die baie helder son en omgewing, teenoor die donker dele onder. Wat gewoonlik gebeur is dat die lug goed belig is en die land onderbelig uitkom. Hier het dit ook gebeur, maar die bietjie lig op die pad kompenseer daarvoor. Wat jy hier ook kon doen is om die foto te neem wanneer net ‘n deel van die son onder die wolk uitloer. Dan is die kontras tussen die ligte en donker dele nie so hoog nie. Maar dis ‘n goeie poging van jou kant af. Iets anders wat kon help, is ‘n “graduated neutral density filter”, wat donker is bo en deurskynend onder. Dit maak die verskil tussen lig en donker kleiner. Baie handig by landskappe. 

Comment by Anita du Toit on January 14, 2020 at 12:07am

Baie welkom Flip, hoop jy geniet dit hier op FS. Mooi foto waarmee jy begin !

Comment by Bessie van der Westhuizen on January 13, 2020 at 11:53pm

Baie mooi foto

geniet jou kamera !

Comment by Johan Ayres on January 13, 2020 at 11:05pm

Baie welkom met 'n mooi eerste foto.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html