Views: 18

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on October 17, 2020 at 7:47pm

Mooi Gerda

Comment by Tersia Weitsz on October 17, 2020 at 4:27pm

Gerda, ek wil ook sê baie welkom by fs.  Ek glo jy gaan dit net so geniet soos ons ander.  Hier leer mens baie deur gereelde deelname, lees van kommentare en raad (soos hier onder deur een van ons Meesters)  Ek sal ook aanbeveel om die stukkies van flaminke in foto te sny of uit te kloon.

Comment by Hennie Cronjé on October 17, 2020 at 3:24pm

Dis 'n foto wat indruk maak, weens die hoë kontras (lig teenoor donker). Basies is die komposisie ook goed weens die ry van 3 flaminke effens eksentries, met meer spasie voor hulle as agter hulle. Jy kon die kamera bietjie gelig het sodat die boonste voël ook heeltemal in is. Ek weet jy is 'n beginner en gevolglik is ek onseker of jy 'n verwerkingsprogram het, soos GIMP, Picasso of Photoshop Elements (die eerste twee is gratis). Indien wel, kan jy die stukkie van 'n voël links onder uithaal. Nou iets meer gevorderd. As jy na die voëls kyk, sal jy sien dat hulle plek-plek spierwit is sonder detail daarin. Dit beteken daardie areas was oorbelig. Die reikwydte van heel donker toto heel lig in hierdie toneel was groter as wat jou kamera kon vaslê. Aan die donker kant maak dit nie saak nie, maar mens wil dit voorkom aan die ligte kant. Nadat jy 'n foto geneem het, kyk altyd na die histogram (grafiek) van die foto. Links is donker en regs is lig. Die grafiek moenie stomp eindig aan die regterkant nie, want dan beteken dit piksels het daar "afgeval" soos op die voëls se rue. As dit gebeur, moet jy die foto herhaal en meer onderbelig. Ons maak gewoonlik gebruik vd "ligskuif" (die +/- knoppie), maar dan moet jy in 'n ander modus as outomaties werk. A of Av is die beste. Daar kies jy die f-stop (velddiepte) en die kamera doen die res. Baie handig. Sterkte met al dié inligting!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html