Die foto dra vir my 'n dieper betekenis. Ek sal more my siening met julle deel. Intussen kan julle gerus jul siening deel. Vir 'n dieper betekenis kan met gister se foto vergelyk word. Kyk gerus volgrootte. Ja Johan, jou voorstelvan 'swiep' werk goed! Dankie hiervoor.

Views: 35

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johan Ayres on September 16, 2020 at 4:48pm

Dit lyk vir my ook of jy twee foto's gebruik het soos Hennie opmerk. Ek weet nie hoe jy dit gedoen het nie, maar dit is 'n skitterende foto. 

Comment by Tina le Grange on September 16, 2020 at 2:20pm

Josef, allermooiste  foto met onderste en boonste "eenvoud" sodat alle aandag op die aksie van die uitstekende branders is.  Die seegroen van die brander hou my oog vas en gaan dan geleidelik na die sagte deel na die regterkant.

Alles werk pragtig saam!

Comment by Hennie Cronjé on September 16, 2020 at 12:35pm

Pragtig! Die mooi blur onder word goed afgewissel met skerp fokus waar die weerbarstige brander is. Dan lyk die lug ook geblur. Dit wil dus voorkom asof hier 2 foto's gebruik is - een skerp en een 'n "swiep" foto. Die twee is dan behendig aanmekaar gelas. Die resultaat (as ek reg is) is pragtig. Hoe dit ookal sy, dis werklik 'n besondere en uitstekende foto.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html