Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Die Mannetjie is woonagtig in die Drakensberg by die Falcon Ridge oord vir beseerde Aas- en Roofvoëls. Ek kan nie meer onthou hoe sy vlerk beseer is nie maar aan sy regterkant hang net flardes. Die ou stap die hele plek vol en kan nogal lastig raak as die vertoning aan die gang is, veral as die wyfie gebring word vir al haar kaskenades. Dis hartseer om die konings van die lug so te sien maar ten minste word hulle versorg en kry ‘n mens kans om hulle van naby te sien en meer oor hulle te leer

Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 128.9 mm
Tyd 1/250 sek
f/5.6
ISO 100
Auto Mode

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Josef Steyn on November 23, 2020 at 12:43pm

Pragtige foto van die Koning van die Lug.

Comment by Johan Ayres on November 22, 2020 at 8:51pm

Ek kan dit nie beter as Hennie stel nie. Pragtige foto.

Comment by Hennie Cronjé on November 22, 2020 at 2:36pm

'n Interessante agtergrond - en hartseer. Maar dis 'n baie mooi foto wat goed uitgevoer is. Mooi kleure met goeie eenvoud en kontras. Mooi!

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html