Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Comment
Die lig maak die foto Johann. Goed gedoen.
Johann, van my kant af ook baie welkom in ons Fotoskool-klas; ek stem saam - by jou gaan ek baie leer.
Uitstekende foto met die kop so effe gelig en sowaar 'n fyn, groen takkie.
Die beligting gee besondere atmosfeer en skerp fokus is ekstra spesiaal
Johann, baie welkom hier by ons. Ek hoop ons gaan nog baie fotos van jou sien. Hier by Fotoskool leer ons almal saam, by mekaar en veral by die wat baie meer as ons weet, en hulle kennis aan ons oordra.
Om raad en kommentaar te gee, is dit nodig om te weet wat jou toerusting is en ook wat die kamera stellings was tydens die neem van die foto. Jou kommentaar by ander fotos is ook baie welkom. Nog ‘n geheim is om gereeld fotos te plaas.
Vertel so bietjie meer van jou toerusting en wat jou voorkeure is?
Hiedie fot kry by my vol punte.Eerstens omdat ek mal is oor Buffels en 2de omdat dit werklik 'n goeie foto is en ek hou van jou verwerking. Links kon dalk bietjie meer spasie tussen die horing en die fotoraam gewees het maar nietemin 'n pragtige foto
baie mooi foto
Prentjie mooi.
Baie dankie Hennie - Waardeer!
Pragtig! Die buffel se aksie is iets besonders en die kleure maak die foto baie treffend. Ook goeie beligting met skerp fokus. Baie mooi! Ek merk nou op die die aasvoël wel jou eerste foto op Fotoskool was. Nogmaals welkom!
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool