Baie dankie vir die terugvoer van my zebra foto van gister... ek leer baie... ek plaas hierdie foto met doel want ek sukkel elke jaar baie om goeie skerp fotos van die boot af te neem in Chobe, en ek het regtig paar jaar gesukkel om hierdie voeltjies te kry. Hulle kom in reuse swerms en is nie een oomblik stil nie, en dan moet mens nog die afstand in ag neem met my 150-600 lens... My stellings was..1/320 F/13 ISO 400. soos elke jaar gaan ons wer hierdie jaar, en wil dit graag verbeter asb... Baie dankie...

Views: 61

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pine on January 23, 2020 at 7:23pm

Pragtige voëltjies en ook ń baie mooi foto Heleen! Ons probeer almal heeltyd verbeter, dit is die lekker uitdaging van fotografie. Sterkte met jou volgende poging. Jy het reeds goeie raad gekry.

Comment by Hennie Cronjé on January 23, 2020 at 4:25pm

Hierdie foto is baie mooi skerp met lekker ryk kleure - pragtig! Op die boot sal 'n spoed van minstens 1/500 beter wees. As die lig goed is, selfs vinniger. Die f-stop sal wissel nav die toneel. Hier kon jy bv met f11 weggekom het (effens vlakker velddiepte), wat die spoed sou opstoot. As jy net een dier of voël afneem, kan die f-stop baie laag wees. Wanneer jy diepte nodig het as die objekte op verskillende afstande van jou is, moet die f-stop opgaan. As die foto te donker uitkom, oorweeg eerder om die ISO op te stoot tot selfs 1600. Meeste moderne kamras behoort dit goed te kan hanteer.

Comment by Rika Schoeman on January 23, 2020 at 4:13pm

Baie mooi liggies in die ogies vasgevang Heleen.

Comment by Mark on January 23, 2020 at 1:40pm

Ek verstaan van jou bewoording dat jy n beter foto as die een wil neem as jy die jaar weer gaan na chobe toe.

Ek sal my nie te veel uit laat daar oor nie, behalwe sluiterspoed so vinnig as wat die lig toelaat, want die boot is maar nie altyd stil nie. En vat opsies saam vir die stut of vasmaak van die kamera, party bote het ook rame waar kamera stut vasskroef.

Comment by Josef Steyn on January 23, 2020 at 1:40pm

Mooi Heleen.

Comment by Tersia Weitsz on January 23, 2020 at 11:29am
En hulle loer vir jou! Pragtig Heleen en van 'n bewegende boot af, dink ek jy het goed gedoen
Comment by Vida van Schalkwyk on January 23, 2020 at 9:39am

heleen, ek hou baie van jou foto - pragtige voëltjies met blink ogies, volgens my voëlgids is dit die roovlerksprinkaanvoël?!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html