Graag wil ek net die foto plaas omdat Pine my lus gemaak het. Die leeus hang soos vrot velle daar in die bome... dit was redelik vêr maar was op kussing en 600mm lens... ek het vele nader fotos maar soos ek genoem het, was baie onkundig nog... stellings was 1/800 F/7/1 ISO 400..manual... Canon 70D. ek kan nie wag om hierdie jaar weer daar te wees nie, hierdie keer meer gewapen met hopelik meer kennis en toerusting.....

Views: 67

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on January 26, 2020 at 11:57am
Heleen, daar is niks fout met die besonderse foto nie!
Comment by Tina le Grange on January 25, 2020 at 2:42pm

Heleen, in 2015 het jy alreeds gewys, jy het 'n goeie fotografie-aanvoeling.

Besondere beligting.

Ek kry so effe 'n gevoel van Pierneef se kunswerke.

Die leeus is 'n groot, groot bonus. Ons het hulle ook daar gesien maar op my foto kan ek skaars die leeu sien  :-)

Ek wag vir 2020 se foto's - bly jy kan weer gaan.

Comment by Koos de Wet on January 25, 2020 at 1:41pm

n Uitsonderlike natuurfoto Heleen

Comment by Hennie Cronjé on January 25, 2020 at 5:30am

Baie interessant. Dis 'n verskynsel wat ek nog nooit in lewende lywe gesien het nie. Was dit in Tanzanië of Kenia? Dis 'n pragtige foto wat jy baie goed uitgevoer het. Die fokus, beligting en kleure is eersteklas.

Comment by Hans Myburg on January 24, 2020 at 3:23pm

Ek glo dit is n een in n leeftyd om dit te sien pragtig.   {Om onder die brug te kom is maklik jy ry tot daar en daar is n groot eetplek daar (Restaurant).voor jy by die brug kom van wildernis se kant is daar n pad wat uitdraai na  die huise oorkant die rivier.draai daar in en ry reguit aan nie oor die rivier  nie maar brug se kant toe. Ek kan die restaurant verseker aanbeveel.}

Comment by Pine on January 24, 2020 at 1:56pm

Uitstekend Heleen!!! Hulle lyk heel gemaklik in die boom so asof hulle dit elke dag doen. Die een in my foto het baie ongemaklik en lomp voorgekom in die boom.

Comment by Mark on January 24, 2020 at 1:04pm

Skitterend, skitterend!!, hoe gelukkig kan n mens wees, so foto sal ek op canvas sit!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html