Baie dankie Fotoskolers vir julle kommentaar by die verwerking van die Dandelion.

Hierdie foto van die Dandelion-saadjies het ek laatmiddag geneem met tru-beligting. Ek weet nie of hulle skerp genoeg is nie. Ek het net 'n 60mm makrolens. Maak mens die lensopening kleiner sodat jy al die saadjies in fokus het, dan sit jy met 'n steurende agtergrond. Maak jy die lensopening groter, dan kry jy nie al drie die saadjies skerp nie. Hoe hanteer julle so 'n situasie?

Views: 69

Albums: Makro

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on April 23, 2020 at 4:57am

Jy het goeie raad gekry Rika en persoonlik souy ek ook Dine se metode gevolg het maar dan moet daar GEEN wind wees nie. Die saadjies is so lig en die geringste wind gaan fokus uit gooi. BGG met die een vriendin

Comment by Dine Potgieter on April 22, 2020 at 11:02pm

Allermooi! Dit werk vir my baie goed soos dit is, en in hierdie geval hou ek baie van die agtergrond. Focus-stacking kan dalk 'n oplossing vir soortgelyke situasies wees. Om jouself so te posisioneer dat al drie stammetjies op dieselfde fokusvlak val, sal ook help, maar is nie altyd moontlik nie.

En baie geluk met jou prestasie - hopelik is daar ietsie lekker vir 'n viering!

Comment by Pine on April 22, 2020 at 10:16pm

PUIK opgestel, geneem en verwerk Rika!!

Comment by Gerrie Lambrechts on April 22, 2020 at 8:55pm

Pragtige foto. Veels geluk met jou prestasie.  Ek het geweet net met jou kennis kan ek sulke goeie kommentare op my foto's kry. Baie dankie.

Comment by Tina le Grange on April 22, 2020 at 6:51pm

Rika dankie vir jou vraag;  dit laat my dink en help my met die tegniese sy van ons kameras.

Ek hou baie van jou foto net soos dit is

Comment by Christa Snyman on April 22, 2020 at 6:45pm

Dis 'n pragtige foto in alle opsigte. Rika, ek het gevind wanneer ek baie saadjies in fokus wil hê (en my lensopening is klein), dit beter is om 'n swart doek in die agtergrond te gebruik in plaas van om  in natuurlike omstandighede af te neem. Ek hou van jou opskrif :)

Comment by Hennie Cronjé on April 22, 2020 at 6:06pm

Pragtig! Hier het jy pragtige eenvoud in die voorgrond met 'n baie ongewone beeld van die plant. Beide hierdie aspekte trek sterk aandag. En dan daardie pragtige agtergrond wat die foto werklik komplimenteer.  Dis baie goed gedoen. Baie geluk met jou kwalifikasie by die Shaw Academy en dat jy dit so mooi met lof gelaag het. Ons is trots op jou!

Comment by Koos de Wet on April 22, 2020 at 5:40pm

Baie besonders Rika

Comment by Neville Hein on April 22, 2020 at 5:37pm

Jou voorwerp staan mooi uit - pragtig Rika.

Comment by Josef Steyn on April 22, 2020 at 4:47pm

Jou foto is briljant en jy behoort baie goed oor hom te voel. My gevoel is dat jy die situasie presies treg hanteer het.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html