Baie dankie vir die kommentaar op die foto van die herfsblare. Hennie, jou aanbeveling oor meer spasie onder die hangende blare is beslis iets waarna ek in toekomstige foto's van dieselfde aard, sal oplet!

Met die inperking, is almal meer lus vir iets lekkers om te eet, as wat normaalweg die geval sal wees.

Views: 88

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on April 27, 2020 at 9:46pm

Rika die sirkels is treffend met die driehoek in die middel

Detail op die wit bord is mooi duidelik en die rooi en groen ekstra spesiaal

Ek kan sien hoekom jy goeie punte vir jou onlangse kursus gekry het.

Comment by Gerrie Lambrechts on April 27, 2020 at 8:36pm

Baie mooi en dit lyk so heerlik.

Comment by Pine on April 27, 2020 at 8:32pm

Jou foto is baie goed opgestel en geneem Rika!

Comment by Christa Snyman on April 27, 2020 at 8:08pm

Pragtige foto ... baie van ons se monde water nou! Baie mooi opstelling en kleurvol, Rika. 

Comment by Magda vd Merwe on April 27, 2020 at 6:12pm

Sjoe dit lyk sommer baie lekker Rika.

Alles reg gedoen met die pragtige foto.

Comment by Hennie Cronjé on April 27, 2020 at 5:17pm

Ek het vandag die vrugte voorgesit en jy die dekadensie! Ons kan 'n ete aanbied. Hierdie foto is baie mooi. Mooi eenvoud met goeie beligting en mooi kleure. Omdat die kersies die fokuspunt is, sou bietjie meer lig op hulle, veral van voor af, goed gewees het. Verder baie mooi!

Comment by Riaan on April 27, 2020 at 2:46pm

Rika daar's net goed oor hierdie foto te sê maar jy maak nie reg met almal wat nog ingeperk tuis is want dis hierdie tipe foto's wat maak dat jou skaal elke dag 'n al hoe slegter prentjie van jouself weergee. hoe kan mens nou selfdissipline ani dag lê en eerder 'n vrug gryp as jy hierdie dekadensie so voor ons neuse hou (lol)

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html