Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ons het hierdie outjie een oggend baie vroeg vol dou gekry hier by die Outeniqwaberge. Uit die hand geneem teen 1/400sek, f8 en ISO800
Tags:
Comment
Pragtig!
Baie dankie vir die kommentaar Pierre - waardeer !. Jy is reg met jou gedagte oor f16. Almal gaan nie nou saamstem nie, maar hier van f16 as en kleiner raak die foto se detail soms vir my effens minder en dit het te doen met refraksie van die lig.
Ek het eenkeer 'n windpomp probeer blur teen f40 op 'n driepoot en kon nie verstaan waarom dit nie skerp is nie !
Absoluut n pragtige foto Charles dit is so cripy...of te wel kraakvars......gepraat van Velddiepte ek neig deesdae om tot F16 gaan ek weet nie of dit korrek is nie maar tot op hede lyk dit nie te sleg nie
Dankie vir die kommentare Pieter, Jan, Josef, Gerrie, Hansie, Piet, Rassie, Renette, Hennie, Annelize, gabriel en Susan
Hennie - dis waar mens moet groot spronge met die f-stoppe neem vir naby makrofotos. Ek sou graag hier 'n driepoot wou gebruik het, maar dan sou ek die foto gemis het. Ek het maar uit die hand geskiet met my vinger so teen die klip gedruk vir ondersteuning.
baie mooi
uitstekend well done nog die beste ooit
Dis interessant om te sien hoe klein die velddiepte was op f8 as jy so naby skiet. Dit waarom mens groot spronge moet neem as jy met sterk makro-werk die velddiepte sigbaar wil verander. Ook interessant dat daar nie dou op sy "kraag" is nie. Dis baie goed gedoen.
Charles dit is nou 'n treffende foto WD
Uitstekend gedoen Charles!
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool