Ek het een bewolkte middag hierdie drie "ou Moeders en Kalfies by die Orpen dam in die Kruger NP gekry en die water was oortrek met waterhiasinte wat verkleur het gedurende die Winter. Opvallend was hierdie drie "Ou Olifant-koeie" wat aangestap gekom het, elkeen met 'n klein kalfie by hulle. (Die diep holtes in die kop is 'n teken dat die Koeie al redelik oud is). Ek wou graag die oomblik "vasvang" en het hierdie foto gekry, ongelukkig met al drie die kalfies wat bietjie melk wou hê en daarom is hulle gesiggies versteek ....

Views: 64

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Donald Daniel Jacobs on May 19, 2020 at 8:54pm

pragtig

Comment by Johan Ayres on May 19, 2020 at 8:19pm

Baie geluk met 'n puik, puik foto. Jou liefde vir die natuur is duidelik in jou foto's te sien.

Comment by Pine on May 19, 2020 at 6:49pm

Uiters spesiale toneel en ń Pragtige foto daarvan Derick!!!

Comment by Christa Snyman on May 19, 2020 at 6:48pm

Baie besonderse en pragtige foto, Derick.

Comment by Vida van Schalkwyk on May 19, 2020 at 5:02pm

dis nou baie oulik, Derick!!

Comment by Gerrie Lambrechts on May 19, 2020 at 4:09pm

Skitterend.  Ek hoop die water is skoon gemaak.

Comment by Heleen Moulder on May 19, 2020 at 4:01pm

Jinne tog, hoe fantasties is dit nie, drie mammas en babas,  op  pad water toe?   Pragtig. Is jy seker dis nie dalk hulle oumas nie?? Ha ha

Comment by Hennie Cronjé on May 19, 2020 at 3:29pm

Dis pragtig! Baie mooi herhaling in 'n mooi geordende ry. Dis goeie ontwerp en maak indruk. Die foto is tegnies ook uitstekend uitgevoer. Baie mooi - 'n puik foto!

Comment by Elna Geringer on May 19, 2020 at 1:42pm

Derick, die foto is baie spesiaal en die "moeder/kind" gevoel kom sterk na vore met die melk soekery. Om 3 pare mamma's en hulle baba's te kry is regtig puik. BGG mater

Comment by Mark on May 19, 2020 at 1:22pm

Baie besonders, goeie foto Derick in alle opsigte

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html