Mooi sterk kleure, fokus en mooi agtergrond, goed gedoen.
Comment by Tersia Weitsz on October 18, 2020 at 10:45am
Die foto maak indruk, mooi gedoen Willie
Comment by Hennie Cronjé on October 18, 2020 at 6:52am
Pragtig raakgesien en uitgevoer! Hier is 'n driehoek ontwerp met pragtige effekte van lig. Dit gee ook pragtige kleure. Die swart agtergrond is uitstekend en daarom is daar goeie kontras teenoor die agtergrond. Net een klein dingetjie: mens se oog beweeg van links na regs na die punt van die blaar, maar dan spring dit na die krulletjie in die raam in die hoekie regs onder. Daardie krulletjie is nie deel van die foto nie en moenie mens se aandag trek nie. 'n Meer eenvoudige raam sou beter gewerk het. Maar dis 'n kleinigheid en doen nie regtig afbreuk aan 'n uitstekende en pragtige foto nie.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool