Soos ek gister gesê het, was die son hard toe ons daar was. Hierdie foto is in daardie sonlig geneem. Ek het 'n "variable" ND filter gebruik. Dis een wat verander van bykans heeltemal deurskynend tot amper pikswart soos jy dit vooraan die lens draai. In manual stel ek dan die f-stop en sluiterspoed wat ek wil hê (ISO 100), en draai dan die filter daarna tot die histogram reg is. Ek het die voordeel dat my kamera 'n histoegram vertoon wanneer jy die verstellings doen en dis baie handig om die beligting reg te kry. In die foto kom die lig sag voor, wat heel anders as die werklikheid was.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool