Views: 111

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Bruwer Burger on August 11, 2018 at 7:22pm

Mooi foto Ane.

Comment by Gerrie Lambrechts on August 11, 2018 at 6:48pm

Welkom by ons Fotoskolers, ek glo jy gaan dit hier geniet indien jy belangstel om jou fotografie lekkerder te maak.  Ons almal leer nog elke dag.  Oulike foto, die rooi bloesie is mooi fokuspunt en die agtergrond mooi geblur.

Comment by Paul Combrinck on August 11, 2018 at 5:34pm

Ane baie welkom by Fotoskool. Geniet dit en plaas foto's. Ons leer almal saam op 'n prettige manier.

Comment by Tina le Grange on August 11, 2018 at 2:56pm

Ane, van my kant af, ook baie welkom in ons Fotoskool-klas

Tersia gee goeie wenke oor deelname

Ek hou van die komposisie; anders as waaraan die oog gewoond is

Haar rooi en wit bloesie verhoog die trefkrag

As jy die agtergrond nog meer kon blurr sou jy ook meer eenvoud gekry het, alhoewel dit nie erg steurend is nie

Nietemin, moet nooit jou kamera bêre nie

Comment by Tersia Weitsz on August 11, 2018 at 12:12pm

Ane, baie welkom hier by fotoskool.  Glo en vertrou jy gaan dit net so geniet soos ons almal.  Met gereelde plasing, kyk na ander se fotos en self kommentaar lewer leer ons by en van mekaar.  As ek na jou profielfoto kyk dink ek jy het fotos met opset so skeef geneem.  Ek hou van boonste foto, maar sou ook verkies het dat dit regop moet wees wat jy maklik kan doen met n redigerings program.  Lig op model veroorsaak nie erg skadus nie wat mooi is, jammer haar oë is nie heeltemal oop nie.

Comment by Donald Daniel Jacobs on August 11, 2018 at 11:12am

mooi . 2 dinge-- weet nie of die 'dutch-tilt' doelbewus gedoen is nie( kamera skeef gehou vir effek nie ) ...... foto is skeef en haar oe is nie mooi oop nie (lig skerp) andersins mooi foto

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html