Ons ken al hierdie kunstenaar, Dekor One, van wie ek al inligting geplaas het. Die sekuriteitshek gee goeie perspektief m.b.t. die grootte van die tekening, maar van die simboliek verstaan ek min. Die doringdraad om die flamink se nek en silhoeët van Elvis?
(Neville, jy is korrek met jou opmerking oor die wenslikheid van verbygangers in die foto. Ongelukkig kan 'n mens nie altyd wag vir verbygangers nie. En glo my, hier en daar was daar 'n area waar ek verkies het om liewers nie iemand naby my te hê terwyl hulle grootoog na die kameratoerusting om my nek loer nie.)

Views: 45

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on October 24, 2020 at 12:15pm
Goed gedoen! Ja mens wonder nogal oor die simboliek, maar verstom my oor die kunstigheid
Comment by Gerrie Lambrechts on October 21, 2020 at 8:52pm

Liewe aarde hoeveel vd skilderye is daar in JHB? Pragtig.

Comment by Neville Hein on October 21, 2020 at 7:56pm

Johan, nog 'n manjifieke prent en goeie beligting op die foto. Ja Johan, ek kan nogals dink dat van hierdie kunswerke is op plekke waar jy vinnig moet neem en skoert voor jy probleme optel.  

Comment by Hennie Cronjé on October 21, 2020 at 6:30pm

Nog 'n verstommende prent. Hoe hulle daardie doringdraad met 'n spuitkannetjie gedoen het, is 'n raaisel. Maar die skildery is baie goed gedoen met mooi kleure. Baie dankie!

Comment by Josef Steyn on October 21, 2020 at 4:46pm

'n Sierlike kurwe Johan. Dankie vir jou opmerking by die volstruise. Ek het bietjie huiswerk gedoen en plaas hulle vanmiddag.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html