Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Vandag plaas ek iets wat darem sagter op die oog is. Dit is 'n reuse muurskildery buite 'n Italiaanse restaurant. Die plaveisel onder is die werklike sypaadjie en gee 'n mate van perspektief m.b.t. die grootte van die tekening.
(Ek waardeer die besorgdheid oor my veiligheid, baie dankie. Ek het in Johannesburg grootgeword, so ek ken die stad darem baie goed. Dit is waar, hier en daar was 'n plek waar ek maar mooi rondgekyk het en die kamera styf vasgehou het. Maar ek moet sê daar is veilgheidswagte oral deur die stad en die mense wat ek tydens die reeks ontmoet het was almal vriendelik. Maar ja, ek sou nie aanbeveel dat iemand wat nie die gebied ken sommer die strate met duur kameratoerusting invaar nie, daar is tog maar 'n plek of twee wat liefs vermy moet word. Nietemin, baie dankie vir julle saam kyk. Ek dink vir baie van julle wat ver bly is dit die ideale geleentheid om Johannesburg se verskeidenheid graffiti te sien.)
Tags:
Comment
Ek verstom my. Dit kos nogal fyn kyk om tussen die werklikheid en die kuns te onderskei.
Lieflik, Johan.
'n Treffer Johan!
Nadat ek hieronder geskryf het, sien ek die baksteen plaveisel heel onder raak. Nou verstaan ek beter!
Ongelooflik! Dis pragtig en uitstekend gedoen. Dis vir my moeilik om die werklikheid in te sien, want alles wat ek hier sien, lyk na skildery (insluitend die plaveisel onder). Dit maak egter nie saak nie. Hierdie skildery is 'n fees vir die oog. Baie dankie hiervoor.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool