In my rondryery op soek na graffiti was ek soms gelukkig. Ek het bloot toevallig by hierdie muurtekening verbygery. Dit is in die noorde van Johannesburg teen een van die hoë mure rondom ‘n woonhuis wat in ‘n boetiek hotel omskep is, vandaar die geskryf oor die tekening. Maar ek dink nietemin dit is verskriklik kunstig gedoen. Die gras onder gee ‘n mate van perspektief aan hierdie reuse tekening.

Views: 19

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on Saturday

Jy is so reg Johan, dit is pragtig gedoen

Comment by Hennie Cronjé on Saturday

Sjoe, ja, dis uitstekend gedoen.  Mens kan kyk en kyk en jy word nie moeg hiervoor nie. Hier is interessante nuanses van lig en skaduwee. Baie dankie vir jou moeite om hierdie mooi skildery aan ons te toon.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html