In my rondryery op soek na graffiti was ek soms gelukkig. Ek het bloot toevallig by hierdie muurtekening verbygery. Dit is in die noorde van Johannesburg teen een van die hoë mure rondom ‘n woonhuis wat in ‘n boetiek hotel omskep is, vandaar die geskryf oor die tekening. Maar ek dink nietemin dit is verskriklik kunstig gedoen. Die gras onder gee ‘n mate van perspektief aan hierdie reuse tekening.
Comment by Elna Geringer on November 21, 2020 at 2:51pm
Jy is so reg Johan, dit is pragtig gedoen
Comment by Hennie Cronjé on November 21, 2020 at 6:31am
Sjoe, ja, dis uitstekend gedoen. Mens kan kyk en kyk en jy word nie moeg hiervoor nie. Hier is interessante nuanses van lig en skaduwee. Baie dankie vir jou moeite om hierdie mooi skildery aan ons te toon.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool