Hierdie foto is direk langs gister se foto op dieselfde muur. Op gister se foto was die helfte van die lugversorger aan die regterkant van die foto, op hierdie foto is die ander helfte links. Die tekening is in diesefde styl as gister, so ek vermoed dit is dieselfde kunstenaar.
Comment by Elna Geringer on November 30, 2020 at 2:13pm
Lieflik Johan
Comment by Josef Steyn on November 30, 2020 at 1:55pm
Wat 'n treffende kunswerk en goed gefotografeer.
Comment by Hennie Cronjé on November 30, 2020 at 7:35am
Dis werklik 'n uitstekende skildery. Kyk die rooi links en regs, die oë wat afkyk na die vlêrmuis, die keuse van kleure in die algemeen met donker taamlik oorheersend (en natuurlik rooi wat bloed simboliseer). Kyk hoe gemaklik is die gesigsuitdrukking. Ek wonder net wat die wolke (wat reën uitgiet) beteken in hierdie verband? Baie dankie hiervoor.
Comment by Hans Myburg on November 30, 2020 at 4:29am
Pragtig, uitsteekend die kleure en die kunstnaar se vernif.
soos baie van die voriges is hierdie regtig 'n pragtige kunswerk. ek was al bevoorreg om hierdie mense te sien werk aan hierdie werke en dis verstommend hoe vinnig hulle dit kan doen. dit hang darem ook af van watter medium hulle gebruik maak maar dis 'n ondervinding om hulle aan die werk te sien.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool