Baie dankie vir die kommentaar op die "Tema - viool" foto, ek waardeer dit.

Is daar verwarring in die foto omdat al die koppe bymekaar is, of is die boude in die halfsirkel genoeg vir 'n storie?

Dan plaas ek ook 'n verwerking na swart en wit, omdat dit dikwels goed werk met zebras, maar is die kontras genoeg vir 'n sterker foto as die kleurweergawe?

Views: 54

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mark on May 6, 2020 at 2:09pm

Ek moet sê dat die kleur foto beter is in die geval, ek hou baie van S/W maar hier wen die kleur fot vir my.

Comment by Tersia Weitsz on May 6, 2020 at 12:59pm

Ek hou ook van kleurweergawe en dis tog te pragtig

Comment by Martie Venter on May 6, 2020 at 10:21am

Ek hou van die storie wat die foto vertel en die oulike titel - die kleurweergawe is vir my die mooiste.

Comment by Gerrie Lambrechts on May 6, 2020 at 10:11am

Ai! Rika ek is mos maar een vir die kleure, pragtige foto.  Een het dalk die 'virus' wat nou?

Comment by Vida van Schalkwyk on May 6, 2020 at 9:02am

sjoe, pragtige oomblik vasgevang - hou meer van die kleurfoto!

Comment by Magda vd Merwe on May 5, 2020 at 11:05pm

Rika dis pragtig.

Comment by Hennie Cronjé on May 5, 2020 at 5:48pm

Dis boonste foto is pragtig en baie suksesvol. Die groepering in 'n ovaal vorm gee goeie afgerondheid. Die beligting is ook baie goed van bo tot onder. Mooi skerp fokus ook. In die onderste foto is die kontras voldoende op die zebras, maa die kontras in die wolke moet opgestoot word. Ek dink dit sal ook help as die gras ligter is. In mono kan mens groen en rooi ligter maak daarvoor.

Comment by Josef Steyn on May 5, 2020 at 4:23pm

Die storie-aspek kom goed oor Rika. Ek hou van die kleurweergawe. Die donker donderwolke dra by tot die storie. Miskien moet hulle besluit of hulle skuiling moet soek.

Comment by Rika Schoeman on May 5, 2020 at 3:47pm

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html