Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Sanbona Wildreservaat
Foto geneem vanaf die veld-voertuig. hier het ek die voorgrond donkerder gemaak met Photoshop.
Nikon CoolPix P900; 1/500 sek; Fokale lengte 8.9mm f/5.0 ISO:100
MY FOTO VAN GISTER:
Elna baie dankie dat jy herinner aan 'spot metering' - ek sien ek het 'centre weight' gebruik. Nikon CoolPixP900 se maksimum is F/8 - die tegniese deel daarvan weet ek nie, maar Hennie het 'n keer dit verduidelik.
Hennie sal jy weer help asb.
Donald, ja ek het ver gestaan en muisvoël het hoog gesit. Dankie vir jou kommentaar.
Tags:
Comment
Pragtige foto Tina
Pragtige landskap foto, Tina.
Mooi toneel Tina
Ek leer ook by Hennie, maar vandag verloor hy my heeltemal
mooi landskap foto
Mooi foto, mooi kleure en lyne.
Die komposisie van hierdie foto is goed met 'n duidelike voorgrond en die horison hoog geplaas om die berg prominensie te gee. Mooi skerp regdeur. Jy het goed gedoen om die voorgrond donkerder te maak. In landskappe is dit meestal 'n goeie ding om te doen. Wanneer mens so 'n area donkerder maak, word rooi daarin sterker. Mens sien bietjie daarvan hier. As jy "claw" (vier sleutels op jou sleutelbord gelyk druk met jou hand gekrul soos 'n klou of 'n claw) dan skep jy 'n nuwe laag (layer) waarin alles saamgevat is wat tot op daardie stadium aan die foto gedoen is. Dan druk jy Ctrl+shift+D en die seleksie sal weer verskyn (ek neem aan jy het die onderste deel wat jy donkerder gemaak het met 'n seleksie gedoen). Dan gaan jy na Hue&Saturation>Master>Red en verlaag die saturasie van rooi. Dit werk baie goed om daardie rooi weg te kry. Soms is dit egter mooi om dit te behou, soos in jou foto en daarom kan dit daar bly.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool