Die mooi van Aus. Ek het niks aan die foto verander nie. Gee wenke om dit nog mooier te maak.Dankie vir terugvoering van die venster foto.

Views: 83

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Erika Kotze on November 27, 2019 at 5:04pm

Dit is 'n pragtige kleurvolle foto! Hou daarvan netso

Comment by Pine on November 27, 2019 at 8:06am

Baie welkom terug Koos. Jou foto is Pragtig kleurvol!

Comment by Tina le Grange on November 27, 2019 at 7:46am

Koos, ten spyte van die agtergrond, staan die Lorikiet pragtig uit; skerp fokus en die helder kleure maak sommer my dag baie spesiaal  :-)

Die ander se kommentaar, help my ook.

Comment by Rika Schoeman on November 26, 2019 at 5:08pm

Pragtig so in sy natuurlike habitat en beslis kleurvol. Goed gedoen Koos.

Comment by Hennie Cronjé on November 26, 2019 at 4:43pm

Gewoonlik sê ons 'n foto moenie besig wees nie. Hierdie foto is egter so mooi kleurvol as geheel, dat die feit dat dit besig is, nie pla nie.  Mooi skerp ook. Dis 'n goeie dokumentasie foto en jy hoef niks verder te verander nie. Waarskynlik het jy die foto in JPEG geneem. Dan doen die kamera outomaties bietjie verwerking - verskerping, verbetering van kontras en kleure, ens.

Comment by Josef Steyn on November 26, 2019 at 3:31pm

Koos, jou foto is 'n baie goeie dokumentasiefoto van die reënboog lorikiet (Australian Rainbow Lorikeet). Dit wys hom mooi in sy natuurlike omgewing. Wat verder belangrik is vir so 'n dokumentasiefoto is dat onderwerp en voorgrond/agtergrond in fokus is, soos hier die geval is. As jy in JPEG geneem het is die foto waarskynlik so goed as wat hy kan kom. As jy in RAW geneem het kan jy kyk of 'n verhoging van 'vibrance' in Lightroom of Photoshop 'n verbetering in die kleure tot gevolg het. My gevoel is egter dat die foto reg is soos hy is.

Comment by Mark on November 26, 2019 at 12:25pm

Goed geneem Koos, baie mooi helder kleure. Die voël sou dalk nog beter vertoon het as daar bietjie meer eenvoud in die agtergond was. Maar dis pragtig soos dit is.

Comment by Anita Wessels on November 26, 2019 at 12:09pm

Dis so pragtig! Ek wil dit 'n kers-kaartjie foto noem met die helder rooi en groen.

Comment by Tersia Weitsz on November 26, 2019 at 11:00am

Sjoe, dis kleurvol en baie mooi Koos

Comment by Vida van Schalkwyk on November 26, 2019 at 7:58am

wat 'n vrolike foto  -  well done koos!!  die rooi bottlebrush is 'n lekker kontras teen die groen/geel/blou van die voël!!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html