Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Ek sou baie graag die fokus op die vlerke ook mooi skerp wou sien maar die 7D MK ii en 400mm lens combo is so bietjie swaar……..
Dankie Johan vir die ID
Comment by Hennie Cronjé on December 3, 2020 at 1:23pm
Ek dink nie dis die swaar combo wat die probleem was nie, maar die spoed wat ‘n raps te stadig was om die vlerkpunte heeltemal skerp te kry. Dit is egter gladnie steurend nie en definitief nie ‘n probleem nie. Dis ‘n pragtige foto, met die mooi wolke wat ‘n groot bydrae lewer. Baie mooi!
Comment by Josef Steyn on December 3, 2020 at 11:16am
Pragtig op die kolgans. Die effe uit fokus op die vlerke pla my nie. Dit is bewegingsblur en nie kamerabeweging nie en is 'n aanduiding dat die vlerke vinnig beweeg het. As dit te wyte was aan kamerabeweging sou die hele voël geblur gewees het. Drama in die foto.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool