Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Comment
Mooi foto Willem, ditto vir Josef se comment.
Kleure is baie mooi en ook mooi skerp. Die boek van Josef en Hennie is so maklik geskryf met pragtige foto's, moeite werd om aan te skaf.
Willem, jy het al die moontlikhede hier vir 'n pragtige foto. Die blommetjie is inderdaad baie mooi skerp en die druppels is 'n bonus. Die skaduwee van die knoppie doen egter afbreuk aan die foto en tot 'n mate ook die besige agtergrond. In meeste soorte fotografie en veral blomfotografie streef 'n mens na eenvoud. Ek stel voor jy kyk na my en Hennie se boek. Dit is 'n baie omvattende gids oor digitale fotografie en daar is uitstaande hoofstukke oor makro- en blomfotografie. Dit is beskikbaar om van die internet afgelaai te word, as CD en ook as 'n gedrukte boek. Gaan na die webblad: http://bitly.com/17ecITw of e-pos my by superfoto7@gmail.com
Ek hou ook van die druppels op die blomme, pragtig
baie mooi
Baie mooi, hou van die druppels op die blom
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool