heng ja Josef ek kan net met Hennie saamstem, as hulle so klein is soos 2mm is hulle ook nie ouer as 'n dag. die ronde wit sirkels is die oorblyfsels van elkeen se eier waaruit dit uitgebroei het. hulle vreet dit dadelik na uitbroei sodat hulle energie kan hê vir die ruspetog na die naaste voedselplant. dit lyk soos motlarwes maar is te klein om te ID.
Comment by Elna Geringer on September 30, 2020 at 12:18pm
Eish..........
Comment by Johan Ayres on September 29, 2020 at 5:29pm
Baie mooi fyn gefokus. Dalk word dit motjies of iets.
Comment by Hennie Cronjé on September 29, 2020 at 4:03pm
Twee foto's van wurms lang mekaar - nie aldag dat ons dit kry nie! Vir 'n grootte van <2mm elk het jy hier uitstekende makro-fotografie uitgevoer. Dis pragtig! Sou die ronde goedjies in die agtergrond oopgebreekte eiertjies wees of die struktuur van die muur? Dis nietemin baie mooi. Die kontras van die wurmpies teenoor die agtergrond maak die foto baie sterk. Baie goed gedoen!
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool