Nikon CoolPix P900; 1/500 sek; Fokale lengte 268.0 mm (35mm ekwivalent 1500mm); f/8.0; ISO-200 – Julle mening oor die verstellings asseblief.
Ek sien dikwels foto’s op FS wat nie in geheel 100% in fokus is nie – help my asb. hier met slegs die groot vlerk wat in fokus is.
Hennie dankie vir jou Photoshop-wenke by die vorige foto asook jul ander se kommentaar.

Views: 18

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on September 15, 2020 at 3:00pm

Pragtig Tina.

Comment by Gerrie Lambrechts on September 15, 2020 at 11:35am

Pragtig my sussie, jy het baie goed gedoen.  As ek eers die kamera moet stel op alles wat Hennie hier noem is die vlinder weg en die blom ook al verlep.

Comment by Josef Steyn on September 15, 2020 at 10:39am

Tina, jy het goed gedoen. Om vlinders in vlug heeltemal in fokus te kry vereis meeste van die tyd addisionele toerusting en baie geduld. Die een vlerk wat bietjie sag is kan nou ook gesien word dat dit beweging impliseer en as dit so gesien word is dit 'n pluspunt en nie negatief nie. Die agtergrond waarteen jy geneem het, het goed gewerk en uitstekende kontras gelewer.

Comment by Hennie Cronjé on September 15, 2020 at 7:33am

Dis nou soos hulle in goeie Afrikaans sê: "knap gedaan!" Dis 'n pragtige foto met mooi eenvoud, ryk kleure en 'n goeie agtergrond. As ek reg is, is daar 'n effense vertraging op ju kamera vandat jy die knoppie druk tot die foto geneem word (soos by alle brug kameras). Gevolglik moet ek jou gelukwens dat jy hier die blom en vlinder skerp gekry het. Jou spoed van 1/500 is die minimum vir beweging soos hierdie. ideaal sou mens 1/2000 wil gebruik. Ek sou sê jy kon hier 'n efffense laer f-stop gebruik het soos f6 met 'n ISO van 400. Dit sou die spoed heelwat opgestoot het en dan sou die voorste vlerk in fokus gewees het. Die voorste vlerk het van links na regs voor jou beweeg en dan moet mens 'n vinniger spoed hê om dit te vries as wanneer die beweging direk na jou en weg van jou is (soos die agterste vlerk gedoen het).

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html