Die foto’s is op dieselfde middag geneem as die skulpiefoto maar ek het hierdie ‘pampoentjie’ op ‘n geskite rots geplaas. My doel was om die see/branders deel van die foto te maak om konteks te verskaf. Ek het dus verskeidenheid lensopening probeer. (2,8 5,6, 8, 11, 16)Die hooffoto was by f16 geneem en die kommentaarboksie-foto by f2,8. By die f16 foto het ek gehoop om al die dele van die rots in fokus te kry en was verras dat ‘n deel tog uit fokus was. Vrae: Slaag die see-en-branders agtergrond van die f2,8 foto daarin om nog voldoende konteks te gee en is daar dalk te veel detail in die f16 foto?
Comment by Tina le Grange on January 14, 2021 at 11:09am
Josef ek sien ook boonste een in landskap sodat die wit branders weg is en dan net 'n wenk om die wit kol regs bo uit te haal
Onderste foto pragtig!!
Slim om "pampoentjie" op die rots te plaas.
Comment by Hennie Cronjé on January 13, 2021 at 2:52pm
Die visuele krag van die branders in die boonste foto is vir my effe sterker as die pampoentjie s'n. Dit trek mens se aandag weg van die hoofobjek. In die onderste foto troon die pampoentjie uit. As daardie foto ook in lanskapsformaat was, sou dit die wenner gewees het. Baie dankie vir hierdie interessante vergelyking.
Comment by Josef Steyn on January 13, 2021 at 11:53am
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool