Dankie vir die kommentare op my vorige foto.Sal ook graag van julle hier wil hoor, het vir my 'n kamera met 'n langer lens gekry en speel nou om dit onder die knie te kry
Comment by Neville Hein on November 8, 2020 at 8:03pm
Goed gedoen Willie, met jou nuwe toerusting. Sien uit na die fotos wat volg.
Comment by Hennie Cronjé on November 8, 2020 at 6:00pm
Baie mooi skerp met mooi kleure en goeie eenvoud en kontras. Dit maak vir 'n uitstekende foto. Die raam is bo en links donker - ek dink dit sal beter vertoon as die donker dele regs en onder is.
Comment by Johan Ayres on November 8, 2020 at 4:33pm
Jou foto is mooi skerp met 'n goeie komposisie en genoeg spasie aan die regterkant. Die helder oog is 'n klein maar effektiewe fokuspunt. Ek is net nie seker oor die kleurbalans van jou foto nie, op my skerm vertoon die foto te veel oranje/bruin. Maar jy behoort dit maklik te kan regstel.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool