Comment by Hennie Cronjé on August 18, 2017 at 3:21pm
Die komposisie is baie goed, met die sterk lyn wat jou oog van voor tot ver agter neem. Mooi skerp ook. Die beligting is goed, hoewel die lig baie gevarieër het van lig (regs bo) tot donker (links bo). Die verskil was baie groot en lyk erger in fotografie, omdat 'n kamera se sensor 'n beperkte reikwydte het wat betref die vaslê van lig. Onder die omstandighede het jy goed gedoen om 'n goeie middeweg te vind sonder dat daar iets steurends is. Dan nog iets: 'n wyehoeklens kan as 'n soort makrolens gebruik word, met 'n groot velddiepte. Met so 'n lens kan mens tot amper teen 'n druiwetros gaan. Dan sal die tros prominent vertoon, met die res van die wingerd in daardie omgewing ver weg en dus 'n ondergeskikte sekondêr.
Comment by Tersia Weitsz on August 18, 2017 at 2:03pm
Mooi diepte en die baie druiwe trosse sigbaar, lyk reg om geoes te word
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool